Pukke, Shimlas, Ikeys en Maties na semi’s

Die NWU-Pukke het Wits met 36 – 3 in Johannesburg oordonder. Foto: Twitter.

Die spanne is bevestig wat na die halfeindstrydronde van die Varsitybeker deugedring het.  Die Shimlas sal die Ikeys in Bloemfontein die stryd aansê, terwyl die NWU-Puk swaarde met Maties in Potchefstroom sal kruis.

Dit is toe inderdaad niks vir Tuks

Tukkies, die verdedigende Varsitybeker-kampioenspan, kon vanjaar nie daarin slaag om ʼn enkele wedstryd in die gewilde studenterugbytoernooi te wen nie.

Die Universiteit van Johannesburg (UJ) het hul tweestryd met 38 – 31 gewen om toe te sien dat die Pretorianers sewe wedstryde op ʼn streep verloor het.

Tukkies is reeds verlede week al na die Varsityskild-kompetisie gerelegeer.

  • Puntemakers:

UJ: Drieë: Prince Nkabinde (2), Nkondlokamthimkhulu Radebe, Kelvin Kanenungo en Rowan Malgas. Doelskoppe: Malgas (4). Strafskop: Jonathan Viljoen.

Tukkies: Drieë: André van der Merwe, Dian Schoonees, Hilton Gie en Ambesa Zenzile. Doelskoppe: Rowan Cloete, Chad-Lee Valentine en Clyde Lewis. Strafskop: Cloete.

Shimlas oorrompel Maties in Stellenbosch

Die Shimlas se oortuigende oorwinning van 44 – 12 teen Maties het ʼn tuishalfeindstryd vir die Bloemfonteiners verseker. Dit was boonoop ook hul eerste Varsitybeker-triomf in Stellenbosch.

Hoewel Maties nou die onderspit gedelf het, het hulle net genoeg in die groepfase gedoen om vir die uitklopronde te kwalifiseer.

  • Puntemakers:

Shimlas: Drieë: Lourens Oosthuizen (2), Jandré Nel, Thabang Mahlasi, Siviwe Zondani en Chadd Adams. Doelskoppe: Ethan Wentzel (3) en Litha Nkula.

Maties: Drieë: Marcqiewn Titus en Waqar Solaan. Doelskop: Jurie Mathee.

Ikeys te sterk vir Ixias in Bloemfontein

Ikeys het 11 drieë in Bloemfontein gedruk om die Ixias met 79 – 31 te oorrompel. Die Kapenaars het sodoende hul plek onder die voorste vier spanne op die punteleer verseker.

Lezane Davis en Sibusiso Makhaza het elk twee drieë vir die besoekers gedruk.

  • Puntemakers:

Ikeys: Sibusiso Makhaza (2), Lezane Davis (2), Asad Moos, Josh Boulle, Reynhardt Crous, Enos Ndiao, Jac van der Walt en Rihaz Fredericks. Doelskoppe: Makhaza (6).

Ixias: Drieë: Adielson Gouveia, Ulrich Stander, Tiaan Drotskie en Sisipho Nofuya. Doelskoppe: Xavier Swartbooi (3).

Pukke vlieg hoog teen Wits

Slegte weersomstandighede en weerligstrale het die NWU-Puk nie van koers in sy wedstryd teen Wits in Johannesburg gebring nie.

Die besoekers het die kragmeting met 36 – 3 gewen en hulle swaai beslis die septer op die punteleer.

  • Puntemakers:

NWU-Puk: Ruan Swiegers, Calvin Clack, Tino Swanepoel en Matthew Fortuin. Doelskoppe: Martin Venter (3). Strafskop: Venter.

Wits: Strafskop: Gerswin Mouton.

  • Bepalings vir Maandag, 10 April:

17:00: Shimlas teen Ikeys

19:00: NWU-Puk teen Maties

  • Punteleer:
  1. NWU-Puk: 31 punte
  2. Shimlas: 25 punte
  3. Ikeys: 22 punte
  4. Maties: 21 punte
  5. UJ: 19 punte
  6. Wits: 18 punte
  7. Ixias: 18 punte
  8. Tukkies: 17 punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hennie Biebouw ·

Ek wonder wat gaan aan met Maties en Tukkies se rugby…Is die verval van rugby by dié tradisionele sterk rugby universiteite, maar deel van die plan van bo? So saam met die vernietiging van Afrikaans by die universiteite…?

piet ·

Niks fout by Maties, hulle is elke jaar omtrent by die uitspeelwedstryde betrokke. Vreemde uitslag op Stellenbosch, ek het ‘n vermoede hulle het nie hul beste span gekies vir daai wedstryd nie. Tukkies se vertonings is kommerwekkend asook die rugby in Pretoria oor die algemeen. Swak.

Hennie Biebouw ·

Ja, en dit ten spyte van al die Motsepe/Rupert pennies…mens sou meer van rugby in Pretoria verwag..

Republikein in die Wes Kaap ·

Net ‘n kwessie van tyd dan is die voormalige Afrikaanse universiteite net gewone Afrika instellings wat nuttelose kwalifikasies uitreik.

Fran ·

Die rektor by Tuks is ‘n Zimbabwier. Hy stel glo niks belang in sport nie en woon geen wedstryde by nie. Swak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.