Rassie kies 36 spelers vir toer

Frans Steyn probeer die verdediginig ontduik. Foto: GB Jordaan.

Nadat die Springbokke se sogenaamde B-span die afgelope naweek ordentlik met die Wallabies op Emirates Airline Park afgereken het, het Rassie Erasmus sy toerspan na Nieu-Seeland en Argentinië aangewys.

Erasmus het saam met sy afrigterskorps en agt spelers (Eben Etzebeth, Jesse Kriel, Pieter-Steph du Toit, Rynhardt Elstadt, Trevor Nyakane, Elton Jantjies, Herschel Jantjies en Bongi Mbonambi) reeds Saterdag na Nieu-Seeland gereis waar hulle aangesluit het by die 14 spelers wat reeds in die land is.

Sondag het nog 10 spelers – onder wie Lood de Jager en Frans Steyn – op die vliegtuig geklim, wat beteken dat die Springbokbreier vanmiddag 22 spelers het wat saam in Wellington kan oefen.

Lizo Gqoboka, Warrick Gelant, Marvin Orie en Andre Esterhuizen sal binnekort ook ’n vliegtuigkaartjie na Nieu-Seeland neem. Marco van Staden (Bulls) en Dillyn Leyds (Stormers) is egter beskikbaar om vir hul provinsies in die Curriebeker te speel, totdat die Bokke van hul toere terugkeer.

Suid-Afrika speel Saterdag teen die All Blacks in Wellington, waarna hulle op 10 Augustus teen Argentinië sal kragte meet.

  • Die volledige toergroep is:

Eben Etzebeth het die span in Siya Kolisi se afwesigheid gelei. Foto: GB Jordaan.

Voorspelers (21): Schalk Brits (Vodacom Bulls), Marcell Coetzee (Ulster, Ierland), Lood de Jager (Vodacom Bulls), Thomas du Toit (Cell C Sharks), Pieter-Steph du Toit (DHL Stormers), Rynhardt Elstadt (Toulouse, Frankryk), Eben Etzebeth (DHL Stormers), Lizo Gqoboka (Vodacom Bulls), Steven Kitshoff (DHL Stormers), Vincent Koch (Saracens, Engeland), Francois Louw (Bath, Engeland), Frans Malherbe (DHL Stormers), Malcolm Marx (Emirates Lions), Bongi Mbonambi (DHL Stormers), Tendai Mtawarira (Cell C Sharks), Franco Mostert (Gloucester, Engeland), Trevor Nyakane (Vodacom Bulls), Marvin Orie (Emirates Lions), Kwagga Smith (Emirates Lions), RG Snyman (Vodacom Bulls), Duane Vermeulen (Vodacom Bulls).

Agterspelers (15): Lukhanyo Am (Cell C Sharks), Damian de Allende (DHL Stormers), Faf de Klerk (Sale Sharks, Engeland), Andre Esterhuizen (Cell C Sharks), Warrick Gelant (Vodacom Bulls), Elton Jantjies (Emirates Lions), Herschel Jantjies (DHL Stormers), Cheslin Kolbe (Toulouse, Frankryk), Jesse Kriel (Vodacom Bulls), Makazole Mapimpi (Cell C Sharks), S’bu Nkosi (Cell C Sharks), Willie le Roux (Toyota Verblitz, Japan), Handré Pollard (Vodacom Bulls), Cobus Reinach (Northampton Saints, Engeland), Frans Steyn (Montpellier, Frankryk).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

MH ·

Erasmus en sy hele afrigtingskorps (hoeveel dit ookal mag wees) en 36 spelers! Dis nie ‘n rugbytoer nie, dis ‘n inval.

SjN ·

Nou wat van die waterdraer, daar is bewys gelewer dat hy nie sy plek verdien nie.

Swartwolf ·

SjN ek het voorgestel man of the match vir laas Saterdag se draery dis die ideale posisie waar minimum skade aangerig kan word deur verkeerde besluite en swak leierskap tesame met swak sang, en die span dus maksimum wenkans kry. Keurders hoef nie verder te soek nie hulle het die ideale ou vir die job.

Buffel ·

Dankie tog Lleyds bly hy is 10 punte werd op verdediging vir die opposisie. Bietjie late’s met die tackle saam.

kolla ·

Ons gaann swaar kry sonder Kaptein Kolisi aan die stuur. Hy is definitief beter as Elstadt en Coetzee. Kwakkies is te klein om impak te maak teen die groot manne. Daar’s nou ‘n groot leemte op flank.

sweis ·

Ek stem nie saam Marcel Coetzee en Koalisie is nie eers op dieselfde vlak nie.

kolla ·

Coetzee en Elstadt is stormramme, daar is reeds genoeg van daai tipe in die span. Elstadt kan darem ook in die lynstane gebruik word terwyl Coetzee te dik is om te spring. Kolisi en Kwagga het meer vaardighede maar Kwagga is te klein (kan nie eers in die lynstaan gebruik word nie. Kolisi sal gemis word as skakel tussen voor en agterspelers, vir sy lynstaanwerk en vir sy leierskap. Groot verlies.

Kallie ·

Nee wat, sodra die opposisie die pap dik aanmaak verdwyn Kolisi. Lyk dan soos ‘n bokser wat baie straf verduur. Sy kapteinskap onder druk is kwesbaar.

Swartwolf ·

Meer as een kommentaar hier noem Kolisi wat wegraak as die opposisie se voorspelers fisies raak. In albei wedstryde teen die AB’s laasjaar het hy nie ‘n impak gemaak nie en op 57 min bankie toe want dit raak te hard. Hy is nie sterk genoeg om te kompeteer nie. Waar daar baie gehardloop word ja daar is hy goed. Sa gaan game weer voor gewen moet word en hy is te sag. As leier vergelyk hy maar swak met spelers soos Kieran Read of Alun Wynn Jones. Die is spelers en kapteine wat lei van voor af. Hulle het die statuur en gravitas om die respek van die internasionale skare te he.

Swartwolf ·

Dis duidelik die bok voorspelers is beter sonder Kolisi op flank. Wanneer die game hard raak, verdwyn hy, en gaan op 60 min bankie toe. So goed as om met ‘n pak van 7 voorspelers te speel. Natuurlik as ‘n leier is daar baie ander wat stukke beter is.

Antoon ·

Wat moet De Allende nou nog doen om uitgelaat te word? Hopelik gaan speel hy en Esterhuizen binnekort in Zambia :-)

Babertondaisy ·

Stem die ellende se fluitjie moet blaas. Van die slotte hardloop hom nou al in.

kolla ·

Ek kan nie onthou dat hy gespeel het nie. Het julle ‘n ander wedstyd gesien?

Jimmy ·

17 uit die 36 speel tans en/of na die wêreldbeker in die buiteland. Dit gaan die vier Superspanne hard slaan.

nico swart ·

wat wil rassie met 3 no 9’s maak en waar is die ovs spellers ox is van die beste hulle moet stop om mense te kies op kleur maar wel op sy spel

Jimmy ·

Ox kry maar swaar teen top vaskoppe in Pro 14. In ‘n toets teen ‘n top 10 land sal hy sukkel.

Derick ·

As Marco van Staden slim is vat hy nou die pad om oorsee te gaan speel. Met die volgende WC kan hy dalk vir Ierland of Wallis speel.

scalla ·

Rassie vat 2,4 spanne saam met hom, hulle kan sommer hier plaaslik teen mekaar speel en verloor, baie goedkoper.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.