Die Vrystaatse regering het R2,3 miljoen spandeer om twee trekkers vir die onsuksesvolle Vrede-suiwelplaasprojek aan te skaf, en trekkers, wat deur die nasionale regering geskenk is, geïgnoreer, het die staatskapingskommissie Maandag gehoor.
Lees meerAlles vir Maandag 22 Julie 2019
Egpaar in hul Vrystaat-huis geskiet
Die polisie in Theunissen in die Vrystaat ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord ná ʼn egpaar Saterdagaand omstreeks 23:00 in hul huis geskiet is.
Denel-salarisse weer in gedrang
Werknemers van Denel is gewaarsku dat hulle moontlik nie betyds hul salarisse vir Julie gaan ontvang nie.
Hof beslis teen Steve Hofmeyr oor ou vlag
Die landdroshof in Stellenbosch het Maandag ten gunste van ʼn Stellenbosse aktivis beslis wat ʼn beskermingsbevel teen Steve Hofmeyr wou bekom.
Ouma, kleinkinders sterf in brand
Die polisie ondersoek drie aanklagte van moord en brandstigting, aangesien vuilspel vermoed word.
ToekomsVenster: Beginsels vir ’n gelukkige lewe; jou eilandbestaan
Grootmense vra wat kan ek doen om dinge beter te maak.
‘Rowers’ tydens rooftog in kluis toegesluit
Die twee verdagtes het onsuksesvol hulle pad uit die kluis probeer oopskiet.
Varsgebekkig: afslaap
“Ek sal jou vergewe, maar jou nie afslaap nie.” Dié uitdrukking is oorspronklik in Riebeek-Wes opgeteken.
Talle eis dat OB moet waai
Die DA sê vandag se hofuitspraak bewys net weer dat die OB se tekortkominge veel dieper strek as net gewone, tegniese foute. “Eenvoudig gestel is sy bloot nie bevoeg vir die amp nie en is sy inderwaarheid uiters onbevoeg.”
Jan Taks het reeds R3,5 miljard uitbetaal
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het Maandag gesê hy het reeds R3,5 miljard se terugbetalings aan belastingbetalers gedoen sedert die belastingjaar vir digitale opgawes op 1 Julie geopen het.
Die wêreld in foto’s – 22 Julie 2019
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Lys van Suid-Afrikaanse plakkerskampe vrygestel
Suid-Afrika het tans 2 453 plakkerskampe, aldus die minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, Lindiwe Sisulu.
Steyn ‘tree vir tree’ terug by die skool
“Ek dink hy is reg om aan te gaan met sy lewe.”
Minder moorde ná ontplooiing van weermag in Wes-Kaap
Die weermag is die naweek saam met die polisie in gebiede soos Hanover Park en Manenberg ontplooi. Talle inwoners daar het gesê die naweek het grootliks vreedsaam verloop.
Saak teen Modise uitgestel
Die saak teen Thandi Modise, voormalige voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies en tans speaker van die Nasionale Vergadering, is Maandag in die streekhof in Potchefstroom na Oktober uitgestel.
Nou is dit voorwaarts mars vir Kaapstad in 2023!
“Die span het hul name in die geskiedenisboeke geskryf.”
3 sterf in geweld in noorde van PE
Een van die slagoffers het pas uit ʼn getuiebeskermingsprogram gekom.
Kapenaars moet regmaak vir nóg ʼn koue front
“Tot soveel as 50 mm reën word voorspel, met selfs groter neerslae in hoogliggende gebiede soos Houtbaai en Kirstenbosch. Die weerdiens het ook gewaarsku teen moontlike modderstortings.”
Uiteindelik! ʼn Penvriend vir Paul
Paul Gilmore het 50 jaar lank gewag om ʼn penmaat te kry.
SA sal saamwerk om ‘volksmoordenaar’ hier aan te keer
“Terwyl Suid-Afrika sekere uitdagings ondervind om uitvoering aan die versoek te gee, werk hy aktief om dit op los en bly Suid-Afrika heeltemal verbind tot samewerking met die IRMCT.”