Die wêreld in foto’s – 22 Julie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sun Yang van China ding mee in die mans 200 m vryslagitem in die halfeindstryd tydens die Wêreld-swemkampioenskap in Gwangju, Suid-Korea. (Foto: Lee Jin-man, AP)

Mense word uit ʼn brand in ʼn gebou met nege verdiepings gered in Mumbai, Indië. (Foto: Rafiq Maqbool, AP)

Lede van die nooddienste probeer om ʼn veldbrand naby die Cardigos-nedersetting in die sentrale deel van Portuga, te blus. Volgens owerhede het sowat 1 800 brandweermanne probeer om die veldbrand onder beheer te bring. Talle mense is in die proses beseer, onder wie verskeie brandweermanne. (Foto: Sergio Azenha, AP)

Thibaut Pinot (links) van Frankryk, Egan Bernal (middel in wit geklee) van Colombia en Julian Alaphilippe (regs in geel geklee) van Frankryk neem deel aan die 15de skof van die Tour de France-fietswedren. Dié skof wat oor 185 km strek het in Limoux begin en eindig in Prat d’Albis. (Foto: Thibault Camus, AP)

Shane Lowry van Ierland glimlag met die Claret-beker langs hom tydens ʼn perskonferensie nadat hy die Britse Ope-gholftoernooi op Royal Portrush in Noord-Ierland gewen het. (Foto: Peter Morrison, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.