Reinach begin teen Engelse

Cobus Reinach. Foto: Phill Magakoe/AFP.

Cobus Reinach en Handré Pollard sal die Springbokke se skakelpaar wees wanneer hulle Saterdag teen Engeland op Twickenham speel.

Die 31-jarige Reinach is bekend vir sy vaart en driedrukvermoë, terwyl hy ook in die afgelope toetse op die plaasvervangersbank beïndruk het.

Indien die Springbokke met die Engelse afreken, sal hulle hul houvas op Wêreldrugby se punteleer verstewig, terwyl hulle ook hul Europese avontuur onoorwonne sal afsluit.

Vir die eerste keer sedert 2013.

“Ons het goeie momentum in die toetse teen Wallis en Skotland opgebou en dit is belangrik dat ons daarop voortbou. Engeland sal beslis vir ’n nuwe uitdaging sorg en daarom het ons besluit om met Handré, Cobus en Lood (de Jager) te begin,” het Jacques Nienaber (afrigter) gesê.

Die Rose het die afgelope naweek maklik met die Wallabies klaargespeel, maar hulle sal sonder die dienste van Owen Farrell (enkelbesering) en Jamie George (kniebesering) teen die Springbokke moet klaarkom.

“Engeland het dit egter duidelik gemaak dat hulle ons fisiek sal wil aanvat. Daarbenewens het hulle ook ’n paar Britse en Ierse Leeus-spelers in hul geledere, terwyl hulle nou met ’n nuwe rekord van agt agtereenvolgende oorwinnings teen Australië spog.”

Tog sal die Bokke ook oorgehaal wees om weer vir Engeland te klop. Hulle het weliswaar in die Wêreldbeker-eindstryd in Japan die septer geswaai, maar hulle kon laas in 2014 ’n wedstryd op Twickenham wen.

“Ons het ons huiswerk gedoen en hard op die oefenveld gewerk om seker te maak ons is fisiek en sielkundig gereed vir die uitdaging. Dit is belangrik dat ons die geleenthede op aanval in punte moet omskep want in só ’n toets is hulle nie baie volop nie.”

Die wedstryd begin Saterdag om 17:15 en dit sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

Springbokke: Willie le Roux (heelagter), Jesse Kriel (regtervleuel), Lukhanyo Am (buitesenter), Damian de Allende (binnesenter), Makazole Mapimpi (linkervleuel), Handré Pollard (losskakel), Cobus Reinach (skrumskakel), Duane Vermeulen (agtsteman), Kwagga Smith (flank), Siya Kolisi (flank en kaptein), Lood de Jager (slot), Eben Etzebeth (slot), Trevor Nyakane (stut), Bongi Mbonambi (haker) en Ox Nché (stut). Plaasvervangers: Malcolm Marx, Steven Kitshoff, Vincent Koch, Franco Mostert, Jasper Wiese, Herschel Jantjies, Elton Jantjies en Frans Steyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jean ·

Wanneer laas was Willie “man of the match”, Francois kom op, speel baie goed, skop 50m oor.

N ·

Ek verstaan nie, is dit net ons as die publiek wat sien hoe Willie week na week aanjaag of sien die afrigters dit ook maar ignoreer dit. Dit is baie duidelik dat hy nie die beste Heelagter beskikbaar is nie. Fassi, Steyn, Geland, Turone Green.

Hein ·

Elke keer moan en groan almal oor Willie maar tog elke keer wen ons of altans meeste van die tyd wen ons wanneer hy speel. Dit sal interessant wees om te sien wat ons wen persentasie is as hy gespeel het.

piet ·

Wel ek kan verseker vir jou se dat Willie NIE die rede is hoekom ons wen nie.

wim ·

Piet is reg.

Die wedstryd teen Wallis sal getel word as ‘n wedstryd wat Willie gekies is en wat SA gewen het.

Maar is dit as gevolg van Willie? Wel, Willie het die eerste helfte minute gespeel toe hy vervang is, en op daardie stadium was ons 3 punte agter. Tog het ons op die ou end 23-18 gewen. Die plaasvervanger was man van die wedstryd.

So ook die wedstryd teen Skotland, waar hy weer gekies is. SA was 10-8 agter met halftyd, toe Willie gespeel het. Frans Steyn het die tweede helfte gespeel, en ons het 30-15 gewen.

Nieu-Seeland, 2de toets was dieselfde. Wat mens moet kyk is ons puntebalans is terwyl hy op die veld is.

Ek het niks teen die man nie, maar mens kies nie spelers wat nie in vorm is nie, of terwyl hul selfvertroue ‘n knou weg het nie. Dit geld vir Hanre ook.

Niklaas ·

Het ons net met 2 skrumskakels gaan toer en wat maak Fassi in die Bok groep as hy nie kans kry bo ondergemiddelde Kriel of Willie nie ?

wim ·

Reinach vir Herschell is ‘n goeie begin.

Maar Willie en Hanre wat nie tans in vorm is nie, so ook gehelp het as hulle gerus het. Ek het niks teen hulle nie, albei het al goeie Rugby gespeel, maar mens kies nie spelers wat nie in vorm is nie. Ek het baie simpatie vir spelers wat nie hulself kies nie en wye kritiek moet verduur. Willie maak al ‘n paar wedstryde baie foute, en Hanre is al ‘n ruk lank baie ordiner en verbeeldingloos, sonder dat hy fantasties skop.

Ja ek weet Frans en Elton gaan opkom in die 2de helfte om dinge te probeer regmaak, maar impakspelers is veronderstel om die begin 15 te komplementeer en te bou op wat hul voorgangers gedoen het, nie om die helde te wees om ‘n wedstryd te red wat skeefgeloop het omdat die verkeerde spelers begin het nie. Ek weet nie hoekom nie, maar klaarblyklik is hierdie eersgenoemde gebruik van impakspelers ons strategie. So asof ons spelers kan kies sodat ons verlig kan wees as hulle vervang word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.