SA rugby steeds in die modderpoel

SA Rugby logo cropDit begin mos al hoe meer lyk asof die onlangse tweedaagse beraad oor die toekoms van Suid-Afrikaanse rugby tydmors was.

Wat het verander sedert die beraad kort voor die Curriebeker-eindstryd aan die einde van  Oktober op Nuweland gehou is?

Die Bokke ploeter steeds voort en kon nog nie ʼn wedstryd op toer wen nie; daar is steeds geen beleid oor die kies van oorsese spelers in die Bokspan nie; watter planne is beraam om die uittog van spelers na die buiteland te probeer keer.

Die nasionale o.21-span is steeds afrigterloos; twee unies is reeds gelikwideer en die Westelike Provinsie volg binnekort; net twee unies, die Griffons en Valke, het die afgelope jaar ʼn klein wins getoon.

Isdaar enige opvolg oor die sentrale kontraktering van die land se voorste spelers? Wat gaan aan met die Wêreldbekerbod (veral oor die belaglike vereistes wat Fikile Mbalula op rugby geplaas het)?

En so kan ons aangaan.

Die olie op die vuur is die boodskap wat Mbalula Woensdag op Instagram geplaas het en waarin hy sy volle gewig agter die Bokafrigter, Allister Coetzee, gooi.

Volgens Mbalula  is geen span binne ʼn dag gebou nie en moet Coetzee kans gegun word, want die regte uitslae sal volg. Teen Italië?

Hy sê Coetzee moet sy besluite neem en daarby  hou, sy eie span kies, bou en vasbyt. En dan gee hy sommer ook sy  onvoorwaardelike steun aan Coetzee.

En wat dan van al sy vorige dreigemente? Wat van die tydelike verbod om toernooie in Suid-Afrika aan te bied?

♦  Coetzee het Saterdag ná die nederlaag teen Engeland gesê die koppe sal rol. En wat doen hy toe? Hy pos JP Pietersen en vervang hom met Bryan Habana vir Saterdag se kragmeting met Italië. Die twee ander skuiwe was posisioneel en noodgedwonge, omdat Eben Etzebeth harsingskudding opgedoen het.

Was dit nie die ideale kans om Jamba Ulengo in Pietersen se plek te kies of Rohan Janse van Rensburg in Damian de Allende se plek nie?

En wat van Johan Goosen op losskakel met die opdrag om so min as moontlik te skop en om Piet van Zyl in Rudy Paige se plek in te span? Of om Beast Mtawarira se opvolger kans te gee en Malcolm Marx as haker te kies en sommer nou al die nuwe Bok-kaptein te laat voorhardloop nie?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Callie van der Merwe

Goeie vrae! Ongelukkig pas dit nie in by die politiek gedrewe sirkus wat SARU probeer bestuur nie!

LOSKOP

Pieter , jy kan tereg al die vrae vra , die minister sal natuurlik vir A C ondersteun , onthou asb A C is n regstellende aanstelling en kan maar voort ploeter en die Blesbokke se naam verder in die afgrond in neem. Met A C daar sal ons nie eers die uitspeel rondes in die wereldbeker haal nie. A C het nie n idee wie sy beste spelers is nie en sal aanhou om die Stormers spelers voorkeur te gee bo beter spelers . Habana is n has been , kyk maar net na sy spel vir sy Franse… Lees meer »

Andries

Stem saam dat jong spelers moes kans kry en n nuwe kaptein.Strauss het nog nooit werklik indruk as kaptein gemaak nie.Gaan ons nou goed voel as ons die een wen?

Kobus Steyn

n wen more sal geen verskil maak nie RUGBY het reeds ROMMELSTATUS beryk en sal lank vat om te herstel.

Parrie

Die afrigter en sy span helpers is gekies. Niks en niemand gaan dit verander nie en die eerbare weg van om self te loop bestaan nie by hulle nie. Ons sal maar moet leer om aan middelmatigheid gewoond te raak en ons verstand verloor as daar so af en toe n wenpoging deursluip op die pad van middelmatigheid. Maak die bokke Proteas sodat ons darem met verlange kan terugkyk op wat ons eens geken het as Springbok rugby.