Seëvierende Ospreys wekroep vir Stormers

(Foto: Hansie Linde)

Die Stormers het Saterdagaand met 27 – 21 teen die Ospreys in Kaapstad verloor en John Dobson meen dat die vertoning sy span se swakste nóg is.

“Ons het geweet dat hulle met hope veggees sou speel. Die Ospreys beskik oor ʼn klein groep spelers, maar hulle het vanjaar al met ʼn paar skittervertonings vorendag gekom,” het die Stormers-afrigter gesê.

“Daarteenoor kon ons net nie dinge op die veld bymekaar hou nie. Ek kan net verskoning vra. Dit was swak.”

Die nederlaag beteken dat die Stormers en die Ospreys nou dieselfde aantal punte op die amptelike VRK-punteleer het.

“Ons moet doodeenvoudig goed genoeg wees om die Ospreys op ons tuisveld te klop, selfs wanneer ons veranderinge aan die span aanbring. Die uitslag is beslis vir ons ʼn wekroep.”

Maar selfs toe die Walliese besoekers ʼn voorsprong van 24 – 14 geniet het, het Dobson gedink dat sy spelers goed genoeg was om ʼn suksesvolle terugvegpoging van stapel te stuur.

“Ons kon nog wen, maar om een of ander rede het ons dinge op die veld probeer forseer en ons het sommer ook ons benadering verander.

Die Stormers speel volgende Saterdag teen Leinster.

Ja, die Lions het die Ierse klubreuse ʼn rugbyles op Ellispark geleer, maar Dobson verwag ʼn baie taai toets teen die voormalige kampioenspan.

“Dit is anders om 19:00 in die Kaap te speel as 15:00 in Johannesburg en ek voorspel dat die wedstryd baie meer mededingend sal wees. Veral as ʼn mens Leinster se trots ook in ag neem.”

“Ons sal volgende week baie beter moet speel. Selfs al kies Leinster nie hul beste spelers nie, sal die wedstrydgroep steeds oor baie ervaring beskik. Hulle is ʼn trotse span en ons is beslis nou onder druk.”

VRK-punteleer:

  1. Leinster: 54 punte
  2. Glasgow Warriors: 53 punte
  3. Munster: 48 punte
  4. Bulls: 46 punte
  5. Benetton: 42 punte
  6. Stormers: 40 punte
  7. Ospreys: 40 punte
  8. Edinburgh: 39 punte
  9. Connacht: 39 punte
  10. Ulster: 39 punte
  11. Lions: 39 punte
  12. Cardiff: 25 punte
  13. Sharks: 18 punte
  14. Scarlets: 16 punte
  15. Dragons: 15 punte
  16. Zebre: 15 punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Steyn ·

Swak besluite van afrigter en kaprein om nie pale toe te gaan nie in pleks van onnodige tyd mors met doellose lynstane wat nie gewerk het nie. 3 punte is beter as niks en dit hou die telbord aan die gang. Wen eers die wedstryd voor jy gaan vir bonuspunte

kragaap ·

Twee in ‘n ry op die tuisveld – eina. Swak besluite, swak skrums en te veel tierlantyntjies. Vat ‘n bladsy uit Rassie se boek – kry die basics reg.

JohanR ·

15 rugby men called the Stormers ran hither and dither with not a clue for 80 minutes and lost!

SjN ·

Die Stormers plaas hulself onder druk, Leinster gaan mors met hulle as hul dieselfde futlose spel lewer.

Manie ·

Die probleem het vanaf die afskop begin met Simelane se aanslaan, asook etlike ander hanteringsfoute deur ander spelers. Dan het Libbok se dwarsskop ook 7 punte op ‘n skinkbord weggegee, maar daar was ook swak verdediging op die speler wat die bal gevang het. Hy is deur 2 verbroude duikslae. Jy kan nie 12 punte op ‘n skinkbord weggee en verwag om te wen nie, dit was ‘n powere spanpoging.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.