Die Lions het hul opwarmingswedstryd teen die Sharks voor meer as 50 000 toeskouers in Kaapstad gewen.
Warren Whiteley se span het 19-14 met die louere weggestap te danke aan drieë deur Malcol Marx, Courtnal Skosan en Sylvian Mahuza.
Die span se Springboklosskakel, Elton Jantjies, was suksesvol met twee doelskoppe.
Vir die Sharks het die oud-Johannesburger, Akker van der Merwe, en Makazole Mapimpi vir die punte gesorg.
Die talentvolle Curwin Bosch het beide drieë verdoel.
Die Bulls en Stormers-kragmeting het ʼn rukkie gelede afgeskop.
‘n Wedstryd vol hanteringsfoute veral aan die Lions se kant.Nogtans bemoedigende tekens
vir die Lions.Die Sharks sonder sommige van hul staatmakers het swaargekry in die skrum
in die eerste helfte.
Ai Bulle swak verdediging aan die begin,het julle die wedstryd gekos.Moet Libbok nie dalk
ingespan word op losskakel en Pollard op binnesenter ingespan word?
“Die Bulls en die Stormers kragmeting het ‘n rukkie gelede afgeskop” en niks verder nie? Maroela julle rugby nuus is maar dun gesaai!
Ons kan nie kla nie; MM is gratis.