Sharks verrinneweer Dragons in Durban

Makazole Mapimpi – die Sharks se Springbok-vleuel. (Argieffoto: Romain Perrocheau/AFP.)

Die Sharks is uiteindelik weer terug op die wenpad nadat hulle die Dragons met 69 – 14 in Durban oorrompel het.

Die tuisspan het die Walliese besoekers van hul voete gehardloop en tien drieë gedruk, terwyl die terugkerende Springbok-spelers ongetwyfeld ʼn verskil gemaak het.

Grant Williams (sommer twee keer), Eben Etzebeth, Makazole Mapimpi en Lukhanyo Am het almal tot die Sharks se driedrukpartytjie bygedra.

Dan het Werner Kok ook ʼn barshou gespeel: Die blondekop voormalige Blitsbok-speler het ʼn drie van sy eie gedruk, terwyl sy hardnekkige verdediging ook ʼn paar belowende Dragon-lopies in die spoor gestuit het.

Dit was die Sharks se eerste oorwinning van die jongste Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen en hulle het dit behoorlik gevier.

Die Durbaniete speel Saterdag teen die Bulls op Loftus Versfeld.

  • Puntemakers:

Sharks: Drieë: Aphelele Fassi (2), Grant Williams (2), Makazole Mapimpi, Werner Kok, Eben Etzebeth, Phepsi Buthelezi, Jeandré Labuschagne en Lukhanyo Am. Doelskoppe: Curwin Bosch (5) en Boeta Chamberlain (3). Strafskop: Bosch.

Dragons: Drieë: Dane Blacker en Rio Dyer. Doelskoppe: Rhodri Williams (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.