Sharks wys weer tande in Durban

Die Sharks is weer op die wenpad ná ’n paar louwarm-vertonings teen die Stormers en die Bulls toe hulle vanmiddag die Rebels in Durban met 28-14 verslaan het.

Die tuisspan het uiteindelik drie drieë teen die besoekers se twee gedruk en dit was veral die Durbaniete se losskakel wat die septer geswaai het.

Robert du Preez het uiteindelik 18 van sy span se punte aangeteken vir ’n sterk vertoning in die nommertientrui.

Vir die Sharks beteken dié wen dat hulle nou tweede op die Suid-Afrikaanse punteleer is met 15 punte, drie punte agter die Lions. Die Johannesburgers het egter ’n ekstra wedstryd gespeel.

Tog was daar vandag ’n paar benoude oomblikke, veral toe Makazole Mapimpi se tweede drie laat in die tweede helfte nie toegelaat is nie weens ’n gevaarlike duikslag vroeër in die beweging.

Dit het vir die Rebels ’n reddingsboei gegooi – twee vinnige verdoelde drieë binne ses minute kon ’n gelykopuitslag afdwing – maar hulle het die misgevang en dit was die Sharks wat welverdiende sege van die veld gestap het.

Dit is die Australiërs se tweede nederlaag op hul Suid-Afrikaanse toer, ná hulle verlede naweek op dramatiese wyse teen die Lions op Emirates Airline Park vasgeval het.

Puntemakers:

Sharks: Drieë: Daniel du Preez, Robert du Preez, Makazole Mapimpi. Doelskoppe: Robert du Preez (2). Strafskoppe: Du Preez (3)

Rebels: Drieë: Tom English, Jack Maddocks. Doelskoppe: Quade Cooper (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Frans C ·

Sonder hul klein generaal Genia het die Rebels gesukkel om hul agterlyn aan die gang te kry en is Cooper vas gevat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.