Skorsing: Kwagga speel eers dan weer

Kwagga Smith – loop vier van die Goue Leeus se wedstryde mis. (Foto GB Jordaan)

Kwagga Smith sal ná sy rooi kaart Saterdag in die Superrugby-eindstryd teen die Crusaders op Ellispark eers weer op 8 September vir die Goue Leeus in die Curriebekerreeks kan speel.

Smith is afgestuur nadat hy kontak met die Crusaders se heelagter David Havili gemaak het toe dié vir die bal gespring sonder dat Smith self om die bal meegeding het.

Smith het die naweek in ʼn onderhoud erken dat die rooi kaart geregverdig was hoewel hy geen bedoeling gehad het om Havili in die lug te loop nie.

Die Sanzaar-hersieningskomitee van vuilspel, bestaande uit die voorsitter Nigel Hampton, Stefan Terblanche en John Langford, het beslis dat Smith vir agt weke geskors moet word.

Hampton, voorsitter van die komitee, het gesê die gevoel was dat die straf ʼn intreetyd van agt weke regverdig nadat die getuienis, insluitende ’n verklaring deur die speler en sy regsverteenwoordiger in ag geneem is. Smith se goeie rekord en sy skulderkenning is in ag geneem by die oplegging van die straf en daar is besluit om Smith vir net vier weke te skors.

Hy sal dus die Curriebekerwedstryd hierdie die naweek teen die Sharks op Ellispark asook dié teen die WP op Nuweland, die Vrystaat Cheetahs in Bloemfontein en die Pumas op Ellispark in die daaropvolgende weke misloop.

Smith se eerste wedstryd op 8 September sal teen Griekwas in Kimberley wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Dirkie

Was Kwagga n NZ speler was hy net 2 weke of self’s minder skorsing op gele. Dit was n final dus al klaar erg genoeg straf dat hy nie wedstryd voltooi het nie. Ek voel 2 weke was dus meer as genoeg. Sy rekord as speler bewys hy is nie n vuil speler nie.

F Pieterse

Dirkie wil jou net daarop wys dat Rob Thompson die senter van die Highlanders in hulle 2de of 3de wedstryd ook 4 weke geskors is vir ampar n minder ernstige oortreding. Hy het ook die ou se voete onder hom uitgehardloop maar selfs n poging aangewend om dit vermy. Hy het toe n geelkaart gekry maar is daarna vir 4 weke geskors.

Nico K

Ek self is nie ‘n Leeu ondersteuner nie, en mense moenie nou te kere gaan net omdat hulle in die eindstryd verloor het nie, maar ek voel die reël is belaglik. Ek kan nie sien hoe jy iemand kan straf vir iets wat hy nie duidelik nie aspris doen nie. Daar is te veel sulke reels en ek weet nie wie maak hulle nie. (Is dit dalk mense wat self nooit rugby gespeel het nie? Hoe gaan Leon Schuster se liedjie oor die skeidsregter. “It was a kind of game he could never play and now he blows the whistle… Lees meer »

Tc

Stem saam jou jou Dirkie!Was n patetiese beslissing deur Marius Jonker en Jaco Peyper,jy kan duidelik sien Keagga was op volspoed en probeer keer dat hy nie seer kry met sy hande voor hom,en hy geensins hoegenaamd die speler getackle nie.Ek kry Kwagga bitter jammer vir die onsmaaklike voorval en patetiese skeidsregter beslissings!Baie interesant dat Nick Mallet en Naas gehum en ha het eers voordat hulle gesê het hulle stem saam die rooikaart,beskerm seker hul “cozy”jobs by Supersport,deur saam te stem met die patetiese beslissing!Dis hoekom ek nie meer graag rugby kyk nie,agv sulke dinge! Ons moet net nie vergeet… Lees meer »

JEP

Die reël is die reël, maar,
No 15 hardloop na die bal en spring met sy knie opgetrek…? Dit is dodelik!! Daar sal daarna gekyk moet word. Sy momentum het hom in Kwagga laat vasspring. Kwagga het geen poging aangewend om hom te tackle nie. As Kwagga nie daar was nie het No 15 sy eie speler (No 6 ) poerdes gespring. No 6 reflekteer No 15 om byna op sy kop te val.
Daar sal defnitief na die reël gekyk moet word.