‘Slim’ rugbyballe kan blasers help

Argieffoto (Foto: Odd Andersen/AFP Photo)

Wêreldrugby, in samewerking met Sportable en Gilbert, sal ʼn proeflopie met “slim” rugbyballe doen om wedstrydbeamptes tydens die komende o. 20-Wêreldbeker in Suid-Afrika by te staan.

Danksy moderne tegnologie kan die balle data aan spesiale bakens op die veld kommunikeer.

Volgens die internasionale rugbybeheerliggaam kan die tegnologie skeidsregters van waardevolle inligting voorsien. Dit kan die presiese ligging van die bal – tot 20 keer per sekonde – bepaal, terwyl dit onmiddellike terugvoer oor elke aangee en skop deurgee.

In Suid-Afrika sal die slimbaltegnologie onder meer gebruik word om ʼn vorentoe aangee uit te wys, of ʼn driedrukpoging suksesvol was of nie en om te kyk of ʼn lynstaan-ingooi skeef is.

Die televisieskeidsregter sal direkte verbinding met die tegnologie geniet en hy sal die inligting aan die wedstrydskeidsregter kan deurgee.

“ʼn Vinnige wedstryd is altyd ʼn goeie rugbywedstryd en dit is net reg dat ons na tegnologie kyk wat ons dalk kan met die vloei van die spel kan help. Sodoende sal daar nie onnodige tyd gemors word nie,” het Phill Davies, Wêreldrugby se direkteur van rugby, gesê.

Die tegnologie sal egter nie tydens die Wêreldrugby-toernooi in Frankryk aangewend word nie.

  • Die o. 20-Wêreldbeker word vanaf 24 Junie in Suid-Afrika aangebied. Die junior Bokke is saam met Argentinië, Italië en Georgië in Groep C van die toernooi ingedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Fontein Tannie ·

Ten dele stem ek saam, dan speel die spanne daadwerklik die bal en nie die skeidsregter nie in sommige gevalle. Maar is al hierdie tegnologie werklik vooruitgang?

George ·

Die gaan beslis nie die vloei help nie. Kyk na krieket, as die 3rd umpire moet intree met n oortrap no ball, vertraag dit die spel. As die TV Refs gaan moet kominikeer vir elke fwd pass of so, gaan dit die spel vertraag. Leave Well enough alone.

Kokerboom ·

Oordrewe tegnikaliteite versmoor rugby en neem kykgenot weg!

Sobymykoolkop ·

Genugtig maar julle liberalisme en stiksienigheid is verstommend. WATTER van julle reël het ek OORTREE??? Omdat ek sê die skrums sal seker uitgesluit word omdat geen skrummie reguit kan ingooi nie? Verstommend

Errol ·

Ek wonder hoe lank gaan dit vat voordat drones die skeidsregter en lynregters se werk oorvat??

Fontein Tannie ·

Een van die dae gooi mens seker net twee “slim” balle op die veld en hulle speel die hele wedstryd alleen!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.