Die afskoptye moet nog bevestig word, maar die slagordes vir die Verenigde Rugbykampioenskap se kwarteindstryde is vir 5 en 6 Mei opgestel.
Die Sharks sal teen ʼn omgesukkelde Leinster moet kragte meet nadat hulle gisteraand met 22 elk gelykop teen Munster in Durban gespeel het.
Op sy beurt sal Leinster beslis oorgehaal wees om ʼn Suid-Afrikaanse span ʼn les te leer nadat hy gister met 62 – 7 teen die Bulls op Loftus Versfeld verloor het.
So van die Bulls gepraat; die Pretorianers sal – net soos in verlede jaar se eindstryd – teen die Stormers in ʼn uitspeelwedstryd moet speel.
In ander kwarteindstryd-aksie sal Ulster teen Connacht kragte meet, terwyl Franco Smith se Glasgow Warriors gereedmaak vir ʼn stryd teen Munster.
Your BKT URC Quarter-Final match ups are here ????@LeinsterRugby ???? @SharksRugby@UlsterRugby ???? @ConnachtRugby@TheStormers ???? @BlueBullsRugby@GlasgowWarriors ???? @MunsterRugby#BKTURC #URC | #UnitedWeRise
— BKT United Rugby Championship (URC) (@URCOfficial) April 22, 2023
- Jongste VRK-uitslae (SA spanne):
Stormers 38 – 22 Benetton
Lions 50 – 35 Zebre
Bulls 62 – 7 Leinster
Sharks 22 – 22 Munster
- Kwarteindstryde:
Leinster teen Sharks
Ulster teen Connacht
Stormers teen Bulls
Glasgow Warriors teen Munster
- VRK-punteleer (toptienspanne):
- Leinster: 79 punte
- Ulster: 68 punte
- Stormers: 68 punte
- Glasgow Warriors: 63 punte
- Munster: 55 punte
- Bulls: 53 punte
- Connacht: 50 punte
- Sharks: 48 punte
- Lions: 45 punte
- Cardiff: 44 punte.