Southern Kings gaan teen ’n Wêreldbeker-span speel

Die Kings sal later vandeesmaand teen Georgië in Tiblisi speel. Foto: Facebook.

Die breierlose Southern Kings sal later vandeesmaand ’n opwarmingswedstryd vir die komende Pro14-reeks teen Georgië speel.

Die Oos-Kaapse span het ’n uitnodiging van Georgië se rugby-unie ontvang om ’n vriendskaplike wedstryd op 27 Augustus in Tbilisi te speel. Die aksie sal om 19:15 begin.

“Georgië sou aanvanklik teen Rusland in hul Wêreldbeker-opwarmingswedstryd gespeel het, maar die Russe het intussen onttrek. Ons is die eerste span wat hul rugby-unie gekontak het om te sien of ons beskikbaar is,” het die Kings se spanbestuurder, Zingi Hela, gesê.

“Ons het die uitnodiging aanvaar en dit sal tot die voordeel van albei spanne wees – Georgië vir hul Wêreldbeker-voorbereiding en ons vir die komende Pro14-seisoen.”

“Ons kon nie vir beter teenstanders gevra het nie – hulle is bekend vir hul sterk pak voorspelers en hul bobaas-skrumwerk. Dit is sonder twyfel ’n besonderse geleentheid om onsself teen ’n goeie span te meet voor die seisoen begin.”

Georgië sal sy WB-veldtog op 23 September begin wanneer die span met Wallis kragte meet. Die Oos-Europese span sal ook onder meer teen Australië en Fidji in die groepfase speel.

Georgië word deur die Kiwi, Milton Haig, afgerig en was tot dusver vanjaar onoorwonne nadat hulle  Rusland, Duitsland, België, Spanje en Roemenië getroef het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Swartwolf ·

Seker Georgie sidder tot in hul toks vir die kabouterland koninkies.

Nico ·

Daar was so baie gewag gemaak van Kings se nuwe proffesinaliteit. Wel al wat daar professioneel is, is die geld wat manne ingebring is. Dit is amper tyd vir die Pro 14 en nog steeds is daar nie ‘n afrigter nie. Hoe lyk dit of die voortydige afdanking an Deon nog by hulle gaan kom spook.

Swartwolf ·

Groot geraas en baie praat maar niks gebeur. Waar het ons dit al voorheen gesien????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.