Spring gou vir Kaapse Bobbies se rugbydag

polisie-kaapstadSpanne wat vir die Kaapstadse Polisie-rugbyklub se gewilde rugbydag die komende seisoen wil inskryf, moet hulle haas, want daar is vir slegs 20 plek.

Die geleentheid word vir 25 Februarie by die Pinelands-sportklub beplan.

Francois Venter, die klub se ondervoorsitter, sê dis deel van die voorseisoense voorbereidings en wil die klub en die SA Polisiediens as sulks se beeld help poets.

Pryse vir die beste span en vir die beste voor- en agterspeler word aangebied.

Die inskryfgeld is R300 per spangroep van 23, en die eerste 20 spanne wat reageer en hul geld betaal, sal ingesluit word.

Geen inskrywings sal in elk geval ná 10 Januarie aanvaar word nie.

Spanne wat wil deelneem, kan met Venter by 082 444 4017 of [email protected] in verbinding tree.

Jerome Volkwyn - sportman van die jaar.

Jerome Volkwyn – sportman van die jaar.

Uitblinkers

Intussen is Jerome Volkwyn as die klub se sportman van die jaar aangewys en Jacobus (Worsie) Etzebeth as die speler van die jaar.

Die res van die klub se toekennings het gegaan aan:

♦ Stoffie Christoffels (spelers se speler van die jaar)

♦ Deon Rossouw (belowendste speler)’

♦ Fabian Jacobs (meeste drieë)

♦ Stefan (Skollie) Koen en Russel Kleinbooi (meeste punte, gedeel).

Nuwe bestuur

Die klub se nuwe bestuur is: Petrus Smart (voorsitter), Francois Venter (ondervoorsitter), Rondall Olifant (sekretaris) en Claudia Hendricks (penningmeester).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.