Streeptruie deel pakslae uit by Cravenweek

Die WP se skoolspanne vertoon altyd sterk by nasionale weke, maak nie saak of dit hul o.13’s, o.16’s of o.18’s is nie. Foto: Facebook.

Twee rooikaarte het die Vrystaat kwaai teen die Westelike Provinsie gekniehalter gister in hul Cravenweek-stryd op Grey Kollege. Die Streeptruie het amok gemaak om uiteindelik 51 – 14 te wen.

Jan-Hendrik Wessels (eerste helfte) en Ricky Fourie (tweede helfte) is die twee Vrystaters wat kleedkamer toe gestuur is.

Die uitslag beteken dat die WP waarskynlik wéér vir die nie-amptelike eindstryd sal kwalifiseer.

Voor gister se afskop, is daar gereken dat dié twee spanne met die sterkste kombinasies by vanjaar se week spog. Maar te wyte aan daardie twee kaarte, het die Vrystaat nooit werklik ’n kans gestaan nie.

Die WP het reeds teen rustyd ’n voorsprong van 20 – 0 geniet, nadat Wessels in die 14de minuut van die veld gestuur is.

Die Kapenaars het lekker vinnige rugby gespeel en die momentum was beslis aan hulle kant. Hulle het uiteindelik sewe drieë gedruk, terwyl Kade Wolhuter in die kol met vier doelskoppe en twee strafskoppe was.

  • Puntemakers:

Vrystaat: Drieë: Katleho Chabanyane, Sisonke Vumazonke. Doelskoppe: Juan Olivier (2).

Westelike Provinsie: Drieë: Bobby Alexander (2), Pierich Siebert, Rhynardt Rijnsburger, Gideon van Wyk, Rome Ntumba, Dylan de Leeuw. Doelskoppe: Kade Wolhuter (4), Jacques Rosseau. Strafskoppe: Wolhuter (2).

  • In die dag se ander uitslae het die Pumas ook 50 punte teen die Luiperds opgestapel, terwyl die SWD Arende met die Haaie klaargespeel het.

Pumas 54 – 19 Luiperds

Boland 36 – 31 Valke

SWD Arende 39 – 31 Haaie

WP 51 – 14 Vrystaat

  • Vandag se bepalings:

09:30: Limpopo Blou Bulle teen Goue Leeus XV-tal

11:00: Oostelike Provinsie teen Griekwas

12:30: Griffons teen Blou Bulle XV-tal

14:00: Goue Leeus teen Grens

15:30: Blou Bulle teen Westelike Provinsie XV-tal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jeff ·

Snaaks hoe daar verkondig is dat die Vrystaat span hoofsaaklik Grey manne is voor die toernooi, maar geen sprake van Grey as sulke skandes gemaak word nie. Sies man!!

SjN ·

Stem saam met jou stelling Jeff, kyk net hoeveel jong talent is by die streeptruie, dit is mos n bewys dat daar groot fout is by die super reeks.

Rinkhals ·

Fout by die stormers. Goeie skole ellendige super rugby. Geen beker in 24 jr – geen wen kultuur. Bankrot unie, binnegevegte, kwotas als deel van die probleem.

kolla ·

Tagtig persent van die kinders word deur ander unies gekoop omdat hulle te vrotsleg is om self kwaliteit te ontwikkel. As WP-unie val, is SA rugby daarmee heen.

Swartwolf ·

Dis ‘n vrye mark stelsel. Skole spelers sal gaan waar hulle die beste geld en geleenthede kry as seniors. Niks met ontwikkel uit te waai nie maar met talent lok en hou. Alle unies koop. Sommige skole ook. So unies moet geld he en ‘n wenkultuur met geen politiek. Soos Transvaal span van 1993-1996 of Bulle pre 2007. Stompies bankrot en vol rasse politiek en bekerloos hoe kon hulle bv ‘n speler soos Pollard verloor toe hy net uit die skool was ? Nogal na die bulle? Nou gaan hy speel vir miljoene euro wat verstaanbaar is. Die beste gaan Europa toe die tweede en derde beste dobber hier rond.

kolla ·

Dalk WP teen WP XV in Saterdag se finaal. WP XV het reeds die Lions se A span afgestof. Sal interessant wees om te sien of die nulle die WP se B span vandag kan klop. So terloops – ek het WP se wedstryd teen Boland gesien. Dis groot seuns, selfs die bruin agterspelers wat gewoonlik kleiner in postuur vertoon, is hierdie jaar groot seuns. Gaan moeilik geklop word.

Willie ·

Onverklaarbaar waarom WP voorkeur kry om die top spelers van Boland vir WP cravenweek mag kies bo Boland self!

Jan Kruger ·

So, dis eintlik Boland wat die krediet moet kry!! Ploeg met n ander man se kalwers!!

Swartwolf ·

Sien die noord transvaal span het toe gister die ontwikkelingspan geklop so geen bekommernis oor groot agterspelers nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.