Die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit (NMMU) staan Saterdag met die rug teen die muur in die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga.
Die Saasveldse studente sal Crusaders moet klop as hy weer vanjaar met die voorste spanne wil saamgesels – en Crusaders blyk die verrassingspakkie hierdie seisoen te wees.
Hy is tans derde ná Evergreens en Groot-Brakrivier op die punteleer.
Progress se kragmeting teen Silver Stars en Barbarians s’n teen Blaco sal ook fyn dopgehou word. Enige van die vier spanne kan wen, en die uitslae sal `n goeie aanduiding gee watter spanne die voorlopers kan uitdaag.
Die onoorwonne SWD-kampioen en Goue Bekerspan, Evergreens van Pacaltsdorp, behoort maklik teen die nuweling in die liga, Swellendam, te wen; en Groot-Brak kan net homself verkwalik as hy teen Bridgton verloor.
Opgesomde punteleer –
Premierliga
Evergreens 24, Groot-Brakrivier 17, Crusaders 13, Barbarians 10, Blanco 9, Progress 7, Silver Stars 7, Bridgton 7, NMMU 7, Swellendam 1.
Presidentsliga (Karoo)
Spring Roses 5. Willing Hearts 5, Uniondale 4, All Blacks 4, Beaufort-Wes 2, Willowmore 1, Harlequins 1, Collegians 0.
Presidentsliga (Kus)
George 5, Maori’s 5, Happy Hearts 4, Bitou 2, Jaguars1, Thistles 0, Mosselbaai, 0, Eagle Stars 0.
Presidentsliga (Langeberg)
Heidelberg 5, Albertinia Rangers 5, Riversdal Blues 5, Ladismith 4, Barrydale 1, Seagulls 0, Arrows 0, Zoar 0.