Tonga het Saterdag sonder om ʼn vinger te lig vir 2019 se Wêreldbekertoernooi in Japan in aanmerking gekom.
Dit spruit uit Fidji se oorwinning van 38-16 in gietende reën in Apia, Samoa, oor die tuisspan.
Tonga het as gevolg hiervan die tweede plek in die reeks om die Stille Oseaan-nasiesbeker ingeneem en só van sy plek seker gemaak.
Samoa sal aanstaande jaar in die volgende uitdun tuis en weg teen die tweede geplaaste span in die reeks om die Europese Nasiesbeker speel.
Die skrumskakel Henri Senilioli het Saterdag ʼn driekuns vir Fidji behaal, wat die afgelope twee jaar onoorwonne in die Stille Oseaanreeks is.