Toulouse-sewes: Blitsbokke val vas teen Poemas

Argieffoto van Justin Geduld (30 Januarie 2022) (Foto: Dax Imagex/NurPhoto)

Nog ʼn sewes-toernooi, nog ʼn Blitsbok-teleurstelling.

Nadat daar Vrydagaand ʼn opflikkering in die Blitsbokke se kamp was toe hulle Fidji geklop het en Saterdagoggend tot die kwarteindronde van die toernooi in Toulouse deurgedring toe hulle Amerika geklop het, was dit van korte duur.

Die Blitsbokke het weer teleurgestel toe hulle met 21-12 deur Argentinië geklop is nadat hulle met 0-21 agter was.

Wat kommerwekkend is, is hoe die Blitsbokke se spelpeil agteruitgegaan het.

Ja, daar is ʼn nuwe afrigter, daar is baie beserings en verskeie staatmakers verkies dit eerder om vyftienmanrugby te speel, maar hoe kan spanne soos die Poemas na vore beur, terwyl Suid-Afrika, met hordes talent, aan die agterspeen suig?

Die Blitsbokke speel nou Sondagmiddag (12:48) uit teen Australië in die halfeind om die vyfde posisie.

Puntemakers: Argentinië 21 (7): Drieë: Marcos Moneta (2), Luciano Gonzalez. Doelskoppe: Santiago Vera Feld (3).

Suid-Afrika 12 (0): Drieë: James Murphy (2). Doelskop: Justin Geduld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Niklaas ·

Iets groot skort by ons Blitzbokke. Een probleem is die swak verdediging wat sal moet verbeter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.