Vasbeslote Leeus wil hê toer moet voortgaan

Die Britse en Ierse Leeus speel nou weer teen die Haaie. Foto:Phill Magakoe/AFP.

Te midde van ’n golf van onsekerheid sowel as ʼn derde Covid-19-vlaag wat tans oor die Britse en Ierse Leeus se toer na Suid-Afrika spoel, is die besoekers vasbeslote om ’n sukses van die reeks te maak.

’n Paar positiewe gevalle in hul eie kamp het hulle Woensdag genoop om grootskaalse veranderinge aan die span te maak wat teen die Haaie uitgedraf het, terwyl Covid-19 ook ’n stokkie voor Saterdag se wedstryd teen die Bulle gesteek het.

Om met hul voorbereiding vir die toetsreeks te help speel die Leeus nou die naweek weer teen die Haaie; dié keer op Loftus Versfeld.

Volgens Ben Calveley, die Leeus se besturende direkteur, doen hulle alles in hul vermoë om elke hindernis op hul pad te probeer oorbrug.

“Dit is ongetwyfeld ’n uitdaging. Ek gaan nie hier sit en sê dit is maklik nie, maar ons is vasbeslote om dinge te laat werk.”

Die span se bioborrelmaatreëls is baie streng en ’n mediese raadgewende span – gelaai met onafhanklike viroloë en spesialiste – bepaal amper al wat ʼn beweging is.

“Dieselfde maatreëls geld die Springbokke ook: Ons word ’n minimum van drie keer per week getoets, ons het geen interaksie met die publiek nie en ons speel in baie minder venues as op vorige toere. Ons doen alles in ons vermoë om toe te sien dat die toer voortgaan.”

Intussen het die speler wat Woensdag positief vir die virus getoets het, nou met ’n negatiewe toetsuitslag vorendag gekom.

Dan sien Calveley ook uit na die tweede wedstryd teen die Haaie.

“Ons wil wedstryde speel sodat ons gereed kan wees vir die Springbokke in die komende toetsreeks. Ons is bevoorreg om fantastiese spelers in ons groep te hê; hulle is nie net die beste spelers ter wêreld nie, maar hulle het ook sterk persoonlikhede.”

  • Die wedstryd teen die Haaie begin môre om 18:00 en sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Josua

Dit is die guldigste geleentheid om die reeks teen die bokke te wen en ons verneder as ooit tevore. Ons spelers is nie fiks genoeg nie het nie genoeg wedsrtyde gespeel nie en kan nie kompeteer met n saamgestelde span van oorsee se spelers wat tot onlangs nog mekaar op die veld aangedurf het nie. Sou ons die reeks verloor sal dit nie bekend staan as die Covid wen reeks nie maar dat hulle ons geklop het ongeag die omstandighede, sou die bokke egter in hul posisie tans gewees het en hulle was so lank uit goeie internasionale rugby soos… Lees meer »

piet

Gaan die Sharks hierdie keer met meer of minder as 50 punte verloor (hulle het nie ‘n kat se kans om te wen nie)?