Video: ‘Goeie begin vir Bokke’; span wil verder daarop bou

Meer as 50 000 toeskouers was die afgelope naweek op Loftus Versfeld. (Foto: GB Jordaan)

Die Springbokke het die afgelope naweek die Rugbykampioenskap op ʼn goeie noot afgeskop toe hulle die Wallabies met 43–12 op Loftus Versfeld geklop het.

Die Bokke se assistentafrigter, Deon Davids, sê hulle het as span goed vertoon en hy hoop dat hulle op die goeie trant gaan voortbou.

“Ons kon nie vir ʼn beter begin gevra het nie,” sê hy.

“Dit is goed om te wen, maar jy moet ook die lesse leer en seker maak dat jy so vinnig moontlik aanpas en verbeter sodat jy dieselfde of selfs ʼn beter vertoning kan lewer.”

Kyk hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Manie ·

Baie geluk met die goeie wen, die ware toets kom eerskomende Saterdag. Hoop julle kan voortbou op eergister se vertoning.

SjN ·

Goeie spel gelewer, mooi wen, doe so voort, hoop die afrigters neem kennis dat hul vooraf gekose kaptein nie onmisbaar is nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.