Vorige wenners wéér vir gesogte Bok-prys benoem

Aphiwe Dyantyi – gunsteling. (Foto: SA Rugby)

Twee spelers wat in die verlede as Suid-Afrika se rugbyspeler van die jaar aangewys is, is wéér vanjaar vir dié eer benoem.

Pieter-Steph du Toit (2016) en Malcolm Marx (2017) is onder die vyf kandidate wat Woensdag deur SA Rugby aangekondig is.

Die ander drie is Aphiwe Dyantyi, Franco Mostert en Handré Pollard.

Aanduidings is dat Dyantyi, wat deur Wêreldrugby (WR) as die internasionale nuweling van die jaar aangewys is, die gunsteling is om die toekenning te wen.

Die benoemdes in die afdeling jong speler van die jaar is RG Snyman, Aphelele Fassi, Sbu Nkosi, Embrose Papier en Damian Willemse.

Ander benoemings –

Span van die jaar

Lions (Superrugby-naaswenner), Sharks (Curriebeker-kampioen), Blitsbokke (WR-sewesreeks-wenner).

Afrigter van die jaar

Swys de Bruin (Lions), Rassie Erasmus (Springbokke), Neil Powell (Blitsbokke).

Sewesspeler van die jaar

Werner Kok, Ruhan Nel, Dylan Sage.

Junior speler van die jaar

Tyrone Green, Salmaan Moerat, Wandisile Simelane, Damian Willemse.

Superrugby-speler van die reeks

Aphiwe Dyantyi, Malcolm Marx, Franco Mostert (al drie Lions)

Curriebeker-speler van die jaar

SP Marais, Sergeal Petersen (albei Westelike Provinsie), Akker van der Merwe (Sharks).

Curriebeker- Eerste Liga-speler van die jaar

Divan Nel (Suidwestelike Distrikte), Anrich Richter, Etienne Taljaard (albei Valke).

SuperSport-reeks-speler van die jaar

Enver Brandt (Griekwas), Ruwellyn Isbell, Chris Smith, Stefan Ungerer (al drie Pumas).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.