Wanneer oogkrappery oëverblindery raak

Owen Franks (Foto: allblacks.com)

Owen Franks (Foto: allblacks.com)

Dis die ou-ou storie … dit kyk of daar twee stelle reëls vir Nieu-Seeland en die res van die wêreld is.

Dis nie suur druiwe nie, dis bloot oor die bohaai wat opgeskop is nadat dit gelyk het of die All Blacks se vaskopstut, Owen Franks, Saterdag in Wellington met sy linkerhand in die oë van die Wallaby-slot Kane Douglas gekrap het.

Sanzaar, die beheerliggaam vir rugby in die Suidelike Halfrond, se uitwysbeampte het besluit daar is nie genoeg bewyse om Franks aan te kla nie en hy het skortvry daarvan afgekom. Ek weet dat videomateriaal soms misleidend is, maar Franks het nie een keer nie, maar twee keer met sy hand in Douglas se gesig gekarring.

Maar sê nou maar dit was Bakkies Botha of Bismarck du Plessis? Onthou u nog toe Frans Steyn se skorsing vir `n boorvat verleng is ná sy aanvanklike tugverhoor?

Verlede jaar tydens die Wêreldbekertoernooi is die Argentynse slot Mariano Galarza vir nege weke geskors nadat hy skuldig bevind is aan oogkrappery nadat hy in die All Blacks-slot Brodie Retallick se oë gekrap het.

Gaan kyk maar na die twee video’s, daar is volgens my bitter min verskil, indien enige, tussen Franks en Galarza se  optredes.

Maar die een speler het `n wit-en blou-trui gedra (of `n groene, gele, witte, rooie) en die ander een `n swart trui.

Die gewese Ierse kaptein, Brian O’Driscoll, het gal gebraak oor die besluit om Franks nie uit te wys nie, maar Sanzaar staan by sy besluit en was sy hande in onskuld.

Wêreldrugby se rugbybase sê hulle kan nie ingryp nie, want dis `n Sanzaar-aangeleentheid.

Ironies genoeg het Wêreldrugby ingegryp toe die Engelse stut Joe Marler in vanjaar se Sesnasies-reeks die spel in onguns gebring het nadat hy die Walliese stut Samsoon Lee `n “Gypsy Boy” genoem het. Hulle het hom geskors nadat hy aanvanklik nie geskors was nie.

Maar in Franks se geval was dit glo vuilspel en is hulle hande afgekap.

Huh?

Dit laat `n mens dink.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nico K ·

Wie sit op die uitwys komitees? Weet ons? Daar moet tog sekerlik Suid Afrikaners ook wees. En die uitwys beampte kan tog logies nie van 1 van die 2 lande wees wat speel nie.

Johannes ·

Hierdie is suurdruiwe as daar bewyse sou dit uit gekom het.

Pieter ·

Maak my siek as mense altyd fout vind. Net omdat die All Blacks so goeie span is word hulle prestasies afgebreek deur mense wat beweer hulle word voorgetrek. Daardie vvorval van Franks was oop en bloot en wees nou maar eerlik met jouself. Hy moet totaal stupid wees om in n oog te krap oop en bloot.

Definitiewe oogkrapper! ·

Daars niemand so blind soos die wat nie wil sien nie….die beste is hul gewis maar engeltjies is hul nie! Daars def twee stelle reels..lyk meer Owens het jul ouens se oe beet gehad…ons sal weer later praat na nog meer blote voortrekking as jul daai oogklappe afhaal!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.