Wat is op die spel vir All Blacks op Loftus? Alles

Die Rugbykampioenskap is in die sakkie en toegeknoop, maar nou kom die All Blacks voor hul grootste toets vanjaar te staan wanneer hulle Saterdag op Loftus Versfeld teen die Springbokke speel.

Wat is nog op die spel nadat die All Blacks vroeg Sondagoggend (Suid-Afrikaanse tyd) die Argentynse Pumas met 35-17 geklop het, nadat hulle rustyd met 21-3 voor was, om hul derde opeenvolgende titel in die Rugbykampioenskap te wen – en ook hul sy sesde oorwinning in sewe jaar te behaal – met nog ʼn ronde oor?

Uit ʼn Nieu-Seelandse oogpunt? Alles.

Ondanks hul 21 ligapunte en die feit dat hulle nie meer deur die Springbokke (14), Pumas (8) en Wallabies (5) ingehaal kan word nie, sal hul seisoen op ʼn laagtepunt eindig as hulle (ʼn tweede keer) teen die Springbokke sou vasval.

Dis hoekom die All Blacks hul kaptein, Kieran Read, en die loskopstut Owen Franks laat rus het, dis hoekom hulle hul beste span (behalwe die beseerde Brodie Retallick) teen die Bokke gaan inspan. Dis hoekom hulle nie die ander wang gaan draai nie.

Daar is gans te veel trots en tradisie op die spel en dit sal `n baie groot terugslag en rooi gesigte wees slegs `n paar maande voor die Wêreldbeker-toernooi in Japan wees as hulle sou slae kry.

Dis teen hul grein.

Dis hoekom hulle genoeg teen die opgesweepte Pumas gedoen het om die aanslag af te weer, om nog ʼn titel te beklink. Hulle het vyf drieë teenoor twee gedruk, hulle het die Pumas in die skrums verfrommel, hulle het gejuig nadat Beauden Barrett weer raakgekorrel het.

Die All Blacks was in ʼn stadium met 28-3 voor en het geluier, maar toe druk die Pumas twee drieë (Tomas Cubelli en Emiliano Bofelli) wat die telling tot 28-17 laat aanskuif het.

Met 50 000 hartstogtelike ondersteuners wat die Pumas aangespoor het, moes die All Blacks diep delf, wat hulle gedoen het.

Soos dit al hoe meer in hedendaagse rugby voorkom, het die All Blacks meer duikslae uitgevoer (132 teenoor 84). Dit het daartoe gelei dat die Pumas die bal 126 keer aangegee het teenoor die All Blacks se 117.

Maar die All Blacks het hul kanse beter gebruik en dis hoekom hulle gewen het, want dit het ’n gewoonte geraak.

Die Pumas? Hulle was oorywerig en te gespanne.

Maar hou hulle maar dop, hulle kan die Wallabies in hul laaste wedstryd klop.

Puntemakers –

Nieu-Seeland 35 (21) – Drieë: Rieko Ioane (2), WaIsake Naholo, Patrick Tuipulotu, Anton Lienert-Brown. Doelskoppe: Beauden Barrett (4), Richie Mo’unga.

Argentinië 17 (3) – Drieë: Tomas Cubelli, Emiliano Bofelli. Doelskoppe: Nicolas Sanchez (2). Strafdoel: Nocolas Sanchez.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Waarheid

Volgende week gaan dit uit en uit om eer trots en ego gaan.Hopelik het die Bokke hierdie naweek al hulle foute kon maak afgehandel.Ek hou duimvas dat ons volgende week wen indien die Bokke i n turbo ingaan soos die vorige wedstryd teen die A Blacks.

Anoniem

Rassie, afrigtingspan en Bokke, ‘do’nt be fooled’ die All Blacks het lekker teruggehou op hulle spel kwaliteit want hulle is besig om ‘n sielkundige spel met ons te SPEEL ! Ons bid en vertrou dat Julle die WYSHEID en INSIG en KRAG sal KRY om Hulle lekker te WEN (‘n 1 punt wen sal ook OK wees) ???????

Niklaas

Dit sal lekker wees as Bokke die AB s twee keer in een seisoen kan klop. Dit gebeur mos nie elke jaar nie. Ek is bevrees die gewonde AB s gaan met een meesterlike poging voorendag kom op Loftus en dalks ver wen. Iets wat ons nou nie verwag nie. Hoekom is ons gerus ? Bokke het mos gewen in NZ (en gister). Ons vergeet dat dit n vloekskoot was teen n oorgeruste NZ span. AB s hoef net te konsentreer op ons 2 vleuels wat gereeld uit posisie is , ingetrek word , probeer onderskep ,ens. Hul het in… Lees meer »

Johan

Owen Franks is ‘n vaskopstut…

willem Botha

Die All blacks gaan die flou bokke vernietig hulle sal nie weer so gelukkig wees soos in auckland nie.