Sarfraz dalk in sop oor rassistiese aanmerking

Sarfraz Ahmed het Andile Phehlukwayo se ore laat tuit in die tweede eendagwedstryd. Foto: Cricinfo

Sarfraz Ahmed, Pakistan se kaptein en paaltjiewagter, kan in die sop wees oor sy aanmerking teenoor die Proteas se Andile Phehlukwayo in die tweede eendagwedstryd in Durban.

Die Proteas moes 203 vir ’n oorwinning aanteken, maar het op 80/5 gesteier vóór Phehlukwayo en Rassie van der Dussen die wa deur die drif getrek het.

Veral Phehlukwayo het met sy gewaagde kolfwerk die besoekers warm onder die kraag gehad en toe hy in die 37ste boulbeurt nóg ’n enkellopie danksy die binnerand van sy kolf gekry het, was dit klaarblyklik een te veel vir Ahmed.

Hy is deur die paaltjiemikrofoon gehoor waar hy in Urdu vir Phehlukwayo sê: “Abey kaale, teri ammi aaj kahaan baitheen hain? Kya parwa kea aye hai aaj?”.

Dit word losweg na “Hey swart man, waar sit jou ma vandag? Watter gebedjie moet sy vandag vir jou opsê?” vertaal.

Andile Phehlukwayo. Foto: GB Jordaanvertaal.

Die onus rus nou op die wedstrydbeamptes om te bepaal of enige stappe teen Ahmed geneem sal word.

Volgens die Internasionale Krieketraad se teenrassisme-beleid, word ’n oortreding beskryf as “enige optrede (hetsy deur taalgebruik, gebare of andersins) wat ʼn redelike mens in die pos van speler, spelersondersteuningspersoneel, skeidsregter, wedstrydskeidsregter, skeidsregtersondersteuningspersoneel of enige ander persoon (onder wie ʼn toeskouer) aanstoot kan gee, beledig, verneder, intimideer, dreig, ontmoedig of beswadder op grond van hul ras, geloof, kultuur, kleur, afkoms, nasionaliteit of etniese herkoms”.

Phehlukwayo – die speler van die wedstryd – het na die afloop van die kragmeting gesê dat die Pakistani’s “lekker” met hom gesels het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Robert ·

So wat se kleur was die kolwer – wit? Wat sou gebeur het as hy nou sou sê: Hey wit man….
Kyk die wêreld is darem fyngevoelig, ek is seker die kolwer het dit nie eers gehoor nie al sou hy verstaan wat gesê is :-(

Jack Russl ·

Kleur maak nie saak nie. Dit gaan nie hier oor Suid Afrika nie, dit gaan oor goed wat in ‘n krieket wedstryd gesê is en deur die IKR beheer word.

Of hy dit verstaan het of nie maak nie saak nie. Volgens jou stelling mag jy maar enige iets sê solank die een aan die ontvangkant dit nie verstaan nie. Die reels sê nie dit is ‘n oortreding indien die ander persoon dit verstaan nie. Die reels is duidelik en hulle almal weet dit.

Uiltjie ·

Ai Ou Rob! Lees reg, dit maak nie saak of die kolwer leliewit of donkergroen is nie, wat die pakistaner gesê het, is n oortreding van die IKR se beleid, nie die van n eenogige witman nie!!!!

Jack Russl ·

Dit mag vir jou belaglik wees, maar dit bly deel van die krieket reels. Indien jy nie daarvan hou nie, hoekom kyk jy dan die sport met reels wat nie belaglik is nie?

Robert ·

So uiltjie die aanmerking het aanstoot gegee?, het jy die kolwer gevra of hy geraak is deur die kommentaar, stem saam met Jean dis belaglik.

Frans C ·

Tensy Andile die taal verstaan, kon dit geen inbreuk op sy kolfwerk gemaak het nie.
‘n Groter bekommernis is die onvermoë van Protea boulers om van stertkant kolwers ontslae te raak.

Jack Russl ·

Ek glo nie ons hoef bekommerd te wees oor die wereldbeker nie. Dit is buitendien te laat om nou bekommerd te wees, hulle moes al net na die vorige wereldbeker begin beplan het.

Ek dink hulle het Pakistan net onderskat na die toetsreeks, gedink daag net op en wen die wedstryd. Pakistan is net 1 plek onder ons in ODIs en hulle is Nr 1 in T20Is.

Robert ·

Stem Frans nog groter bekommernis is dat die kolwers nie kan aanpas op ‘n stadige kolfblad nie. Engeland het heelwat van hulle en ek sien swaarigheid vir ons kolwers in die WB

LOL ·

Interessant dat MM lesers bitter min oor krieket kommentaar lewer, maar waar daar ‘n rassistiese punt te bewys word is daar baie? Ek erken net Frans C se naam as gereelde sport bydraer en stem saam dat ons meer bekommerd moet wees oor die opkomende wereldbeker.

marco polo ·

Ek dink dis omdat baie MM lesers, hierdie een ingesluit, nie n flenter meer omgee vir krieket nie agv kwotas, diskriminering en knoeiery.

LR ·

Dit gaan my verstand te bowe. Ek het oor en oor gelees, ook op ander berigte maar ek kan absoluut niks rassisties in die gesprek optel nie. As iemand die rassistiese konnotasie raaksien verduidelik asseblief.
Dit kan nie wees dat hy hom swart man genoem het nie, hy is mos n swart man.

Antionette Boshoff ·

Ek sien geen rassisme in daai opmerking nie . Ek stem saam met LR

Willem ·

Ek stem. Maar as daar enige iets oor n swartmens gesê word is dit altyd rassisties. Dink nie hulle verstaan regtig die konsep nie.

Ek voorspel die pakistani gaan lewenslank uit krieket geskors word en 20 jaar tronkstraf opgelê word.

Callie van der Merwe ·

Ek is jammer maar ek sien niks rassities in die aanmerking nie. Dink ons is belaglik oor die rasse kaart wat aanhoudend gespeel word.

JohanL ·

Die IKR se beskrywing en reel is so wyd beskryf, dit sou ‘n oortreding gewees het as hy “Hey Suid-Afrikaner” ges^e het. So ja dit is ‘n reel wat die spelers van weet, maar die definisie – ek weet darem nie.

Dan is dit ook so dat die kolwer ter sprake ‘n swartman was. Ons moet ook besef dat die wereld se bevolking uit verskillende mense bestaan en niks maar niks gaan dit verander dat die kolwer ‘n swartman was nie. So die paaltjiewagter het feitelik niks verkeerd ges^e nie. Vir my is wat hy ges^e het belangrik en ek dink nie hy het die kolwer enigsins slegges^e op grond van ras nie. Die kolwer het baie geluk aan sy kant gehad – en dit is waarop die Pakistani gesinspeel het.

Vir my persoonlik – ek erken ek het niks tyd vir die IKR nie, omrede hul nou wolf-wolf wil skree, maar nie die ruggraat het om teen SA Krieket op te tree agv hul amptelike kwota-stelsel nie. Dubbelle standaarde?

Gerhard ·

tja, in vandag se kleinserige wêreld sou van die beste kwinkslae in krieket seker `n kabaal veroorsaak het (dink Merv Hughes of Rod Marsh vs Ian Botham ens ens).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.