7’s-rugby
Die 3de been van die Wêreld-7’s-reeks in Wellington, Nieu-Seeland, is deur die Blitsbokke vir die eerste keer sedert 2002 gewen. Hulle het Fidji in die eindstryd 26-5 afgeransel en was in ʼn klas van hul eie. Seabelo Senatla spog met die meeste drieë in die geskiedenis van BlitsBok-rugby, naamlik 180.
Fidji het 2de geëindig, Skotland was 3de met Kanada 4de. Die aksie verskuif die week na Sydney in Australië vir die 4de toernooi.
Varsity-rugby
Vanaand skop die Varsitybeker-rugbyreeks af met 4 wedstryde wat gespeel word.
Wits | v | Shimlas | 16:45 |
Ikeys | v | Madibaz | 18:30 |
UJ | v | NWU-Puk | 19:00 |
Tuks | v | Maties | 19:00 |
Tennis
Die Australiese Ope Tennistoernooi in Melbourne is iets van die verlede.
Dit sal onthou word vir die toernooi van die ouer spelers wat hul merk gemaak het asook die topgekeurdes wat vroeg uitgeskakel is.
Die vroue-enkelspelkampioen is (2) Serena Williams (VSA) wat (13) Venus Williams (VSA) met 6-4 en 6-4 geklop het.
In die mansenkelspel het Roger Federer sy 18de Grand Slam-titel verower.
(17) Roger Federer (Swi) klop (9) Rafael Nadal (Spa) 6-4, 3-6, 6-1, 3-6 en 6-3.
Internasionale krieket
Die Proteas en Sri Lanka het mekaar in die eerste van 5 Eendag-kragmetings op St. Georges Park, in Port Elizabeth, gepak.
Sri Lanka 181 (48.3/50 bb)
Suid-Afrika 185/2 (34.2/50 bb)
SA wen met 8 paaltjies (met 94 balle oor)
Die 2de wedstryd word Woensdag in Durban gespeel.
Engeland en Indië het skouers geskuur in hul 2de T20-wedstryd.
Indië 144/8 (20 bb)
Engeland 139/6 (20 bb)
Indië wen met 5 lopies en die reekstelling is nou 1 elk.
Vandag speel Nieu-Seeland teen Australië in hul eerste Eendagkragmeting. Nieu-Seeland het die Aussies vroeg in ʼn wurggreep gehad.
Sunfoil-krieketreeks
2 Meerdagreeks-wedstryde het gister geëindig.
Bloemfontein:
Knights 431 & 189
Warriors 299 & 200 (55.2 bb, teiken was 322)
Knights wen met 121 lopies
Centurion:
Titans 195 & 168
Cape Cobras 326/9d & 41/1
Cape Cobras wen met 9 paaltjies
Netbal
By die vierhoekige Netbalreeks in Durban het Engeland vir SA 60-55 in bykomende tyd geklop.
Gholf
In die Europese Reeks is die Katar Meesters voltooi na afloop van ʼn valbyl- uitspeelstryd.
1 | Jeunghun Wang | -16 | F | -1 | 69 | 67 | 65 | 71 | 272 |
2 | Jaco van Zyl | -16 | F | -4 | 67 | 69 | 68 | 68 | 272 |
3 | Joakim Lagergren | -16 | F | -6 | 67 | 72 | 67 | 66 | 272 |
4 | Thomas Aiken | -15 | F | -4 | 68 | 68 | 69 | 68 | 273 |
Varsity-rugby
13 | Ernie Els | -11 | F | -4 | 68 | 70 | 71 | 68 | 277 |
In Amerika is die Farmers Insurance Ope in Kalifornië ook afgehandel.
1 | Jon Rahm | -13 | F | -7 | 72 | 69 | 69 | 65 | 275 |
2 | Charles Howell III | -10 | F | -4 | 67 | 74 | 69 | 68 | 278 |
C.T. Pan | -10 | F | -2 | 70 | 69 | 69 | 70 | 278 | |
14 | Rory Sabbatini | -7 | F | -5 | 70 | 72 | 72 | 67 | 281 |
Tiger Woods kon nie vir die 2 laaste rondes kwalifiseer nie.
Vrouegholf
By die SA Vroue Ope op San Lameer aan die Suidkus het Lee-Anne Pace vir die 3de keer agtereenvolgend die titel agter haar naam geskryf.
208 – Lee-Anne Pace 66 70 72
215 – Ashleigh Buhai 73 70 72
217 – Rebecca Hudson (ENG) 71 73 73, Stacy Bregman 69 72 76
Hokkie
Die Suid-Afrikaanse vroue-hokkiespan het China gister 4-2 in die Somerreeks in Kaapstad getroef. Vanaand speel hulle teen België.
Sokker
In die Afconbeker lyk die kwarteindronde se uitslae so:
Egipte | 1-0 | Marokko |
Kongo | 1-2 | Ghana |
Senegal | 0-0 | Kameroen |
Burkina Faso | 2-0 | Tunisië |
En gister in die Engelse FA beker:
Manchester United | 4-0 | Wigan Athletic |
Sutton United | 1-0 | Leeds United |
Fulham | 4-1 | Hull City |
Millwall | 1-0 | Watford |