Vandag se sportnuus

Krieket

  • Suid-Afrika het die tweede toets teen Indië vroeg op dag vyf met 135 lopies gewen en daarmee ook die reeks verower. Indië is die taak gestel om 287 in sy tweede beurt op Supersport Park aan te teken. Hulle was egter almal uit vir 151. Lungi Ngidi het in sy debuuttoets 6 paaltjies vir slegs 39 lopies platgetrek. Suid-Afrika loop nou met twee nul voor in die reeks van drie toetse.
  • Sri Lanka en Zimbabwe het gister in hul tweede Eendagwedstryd teen mekaar in Mirpur gespeel.

Zimbabwe     290/6 (50 bb)
Sri Lanka      278     (48.1/50 bb)

Zimbabwe wen met 12 lopies.

  • Suid-Afrika het sy tweede wedstryd by die 19-Wêreldbeker teen die verdedigende kampioen, die Windies, met 76 lopies gewen. Daarmee kwalifiseer die jong Proteas vir die Superliga van die Wêreldbeker.
  • In die Momentum-eendagreeks is daar gister twee wedstryde afgehandel.

Kaapstad

Knights                     239/9 (50 bb)
Cape Cobras            245/2 (37/50 bb)

Cape Cobras wen met 8 paaltjies met 78 balle oor. 

Benoni

Lions                         176     (43.2/50 bb)
Titans                        177/5 (38.2/50 bb)

Titans wen met 5 paaltjies met 70 balle oor.

Tennis

By die Australiese Ope het die eerste gekeurde Rafael Nadal sy segetog voortgesit en deurgedring na die derde ronde. Nadal het Leonardo Mayer in drie stelle geklop. Die derde gekeurde Grigor Dimitrov het vyf stelle nodig gehad om die derde ronde te bereik.

In die Vroue-afdeling het die tweede gekeurde Caroline Wozniacki drie stelle benodig om vir Jana Fett van Kroasië uit te skakel.

  • Suid-Afrika se Davisbeker-kaptein, Marcos Ondruska, het ʼn onveranderde span gekies om teen Israel te staan te kom. Die span is Lloyd Harris, Nik Scholtz, Ruan Roelofse, Raven Klaasen en Tucker Vorster. Dié kragmeting sal op 2 en 3 Februarie by die Irene Buiteklub gespeel word.

Motorwedrenne

Die 2018-Dakartydren se elfde skof is gister voltooi. In die Motorafdeling het Bernhard ten Brinke dié skof gewen. Algeheel is Carlos Sainz ʼn uur voor die ander Peugeot-jaer, Stephane Peterhansel. Giniel de Villiers is algeheel vyfde. Daar bly nou net drie skofte in vanjaar se tydren oor.

In die Motorfietsafdeling is Matthias Walkner op sy KTM 32 minute voor sy naaste teenstander.

Gholf

  • Die spelers slaan vanoggend in die HSBC-kampioenskap in Abu Dhabi af. Dertien Suid-Afrikaners sal hul staal toon. Dit sluit in George Coetzee, Branden Grace en Dylan Frittelli.
  • In die VSA begin die CareerBuilder-uitdaging in La Quinta, Kalifornië, later vandag. Rory Sabbatini en Tyrone van Aswegen sal ook hul stokke swaai.
  • Die 2018-Investec SA Ope vir Vroue sal van 8 tot 10 Maart by die Atlantic Beach Buiteklub beslis word. Die toernooi sal gesamentlik deur die Vroue- Sonskyntoer, -PGA asook Europese Vrouetoer onderskryf word.

Rugby

  • Engeland se afrigter, Eddie Jones, het sy kontrak met Engeland se Rugby-unie tot 2021 verleng.

Sokker

  • Drie wedstryde is gister in die FA-beker

Chelsea             (5) 1-1 (3) Norwich City
Wigan Athletic         3-0                  AFC Bournemouth
Swansea City          2-1                  Wolverhampton Wanderers

In die Plaaslike Premierliga is daar een wedstryd gespeel.

Maritzburg United   0-1  SuperSport United

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.