Drie wedstryde is gisteraand gespeel en die uitslae lyk so:
UJ 18 – 17 Tuks
NWU-Puk 20 – 15 UCT
Maties 35 – 16 Madibaz
CUT en Shimlas sal mekaar vanmiddag pak nadat die veld gister te nat was in Bloemfontein vir die wedstryd.
Gholf
Die Wêreldranglys vir mans spog met ʼn nuwe nommer 1-speler.
Internasionale krieket
Die Pakistanse veelsydige speler Shahid Afridi het sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig. Hy sal nog vir twee jaar klubkrieket speel.
Op die jongste T20-wêreldranglys staan sake so:
Op die Eendagranglys is Suid-Afrika in die eerste plek:
Die derde Eendagkragmeting tussen Afghanistan en Zimbabwe word vandag in Harare gespeel.
Vanaand om middernag Suid-Afrikaanse tyd pak die Proteas en Nieu-Seeland mekaar in die tweede Eendagkragmeting van die huidige reeks.
Môre speel Australië teen Sri Lanka in hul derde T20-wedstryd teen mekaar.
Intussen is groot bedrae betaal vir spelers om hulle by die Indiese Premierliga aan te sluit. Ben Stokes het ʼn nuwe rekord vir ʼn buitelander behaal toe die Rising Pune Supergiants nagenoeg R28 miljoen op die tafel gesit het. Suid-Afrika se Kagiso Rabada het ʼn aanbod van byna R10 miljoen by die Delhi Daredevils gekry.
Vrouekrieket
By die Vrouetoernooi in Colombo pak Suid-Afrika vandag vir Indië in die eindstryd.
Plaaslike krieket
In die Momentum-eendagreeks lyk die punteleer so:
Tennis
Die jongste tennisranglyste is ook bekend gestel.
Die Vrouetennisranglys lyk so:
Sokker
In gister se Engelse FA-beker is daar een wedstryd gespeel.
Sutton United 0 – 2 Arsenal
In die Plaaslike Premierliga staan sake so op die punteleer: