Vandag se sportnuus

Tennis

  • Die ATP se toer-finale het gister sy vierde derde dag in Londen beleef.
    • (1) Novak Djokovic het vir (3) Alexander Zverev in skoon stelle met 6-4 en 6-1 uitoorlê.
    • (5) Marin Cilic het op sy beurt vir (8) John Isner in drie stelle geklop. Die telling was 6-7, 6-3 en 6-4. 

Vandag speel (4) Kevin Anderson (Suid-Afrika) in die laaste ronde van die groepfase teen (2) Roger Federer. (6) Dominic Thiem kom op sy beurt teen (7) Key Nishikori te staan.

  • In die dubbelspel meet (6) Raven Klaasen en Michael Venus vandag kragte teen (2) Juan Sebastian Cabal en Robert Farah. 

Rugby

  • Die Springbokspan wat Saterdagaand teen Skotland op Murrayfield speel word vandag bekend gemaak. Die Skotte het die Suid-Afrikaans gebore WP Nel en Huw Jones (beginspan) asook Josh Strauss en Allan Dell (plaasvervangers) in hul span ingesluit. Die skeidsregter vir dié kragmeting is Romain Poite van Frankryk.
  • Ses internasionale wedstryde word Saterdag gespeel.

Italië 16:00 Australië
Wallis 16:30 Tonga
Engeland 17:00 Japan
Skotland 19:20 Suid-Afrika
Ierland 21:00 Nieu-Seeland
Frankryk 22:05 Argentinië

Krieket

  • Die Proteas speel Saterdag in hul laaste wedstryd van hul kort toer deur Australië in ʼn T20-wedstryd teen die Aussies. Dale Steyn sal nie in dié wedstryd Saterdag speel nie en is op pad huis toe. Gister het die Proteas hul opwarmingswedstryd teen ʼn President-11-tal met 41 lopies gewen.
  • Tydens ʼn opwarmingswedstryd vir die Mzansi Superliga het AB de Villiers 93 lopies van net 31 balle gemoker. Hy sal môreaand in aksie wees tydens die eerste wedstryd van die kompetisie wanneer die Spatans teen die Cape Town Blitz op Nuweland speel.
  • Die toets tussen Bangladesj en Zimbabwe in Mirpur het gister sy vierde dag beleef.

Bangladesj 522/7 verklaar en 224/6 verklaar.
Zimbabwe 304 en 76/2 (366 agter)

  • Sri Lanka en Engeland se tweede toets het gister in Pallekele begin. Joe Root het die loot gewen en sy span het eerste gekolf.

Engeland 285
Sri Lanka 26/1

  • Die vroue se T20-Wêreldbeker is in die Karibiese Eilande voorgesit.

Suid-Afrika het teen die Wes-Indiese Eilande in hul tweede wedstryd gespeel en pak gekry. Die Windies het met 31 lopies gewen. Die Proteas speel môre in hul volgende wedstryd teen Engeland.

Gholf

  • Die Wêreldtoerkampioenskap begin vanoggend in Dubai en dit sluit die einde van die wedloop na Dubai in. Ses Suid-Afrikaners sal hul stokke swaai. Hulle is Branden Grace, Darren Fichardt, Dean Burmester, Dylan Frittelli, Erik van Rooyen en Brandon Stone.
  • In die PGA-reeks sal Tyrone Van Aswegen, Ernie Els en Retief Goosen vandag afslaan in die RSM Classic in Georgia. 

Motorwedrenne

  • Die Moto GP van Valencia (die laaste wedren in vanjaar se reeks) word Sondag in Spanje gejaag. Die oefenrondes begin môre en die kwalifisering sal Saterdag plaasvind. Die hoofwedren word Sondag om 15:00 afgehandel. 

Sokker

  • Suid-Afrika speel Saterdag in Afcon se kompetisie teen Nigerië.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.