Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Springbokke het Saterdag teen Skotland op Murrayfield gespeel en met 26-20 geseëvier. Die Bokke speel komende Saterdag in hul laaste wedstryd van hul toer teen Wallis.

Vyf ander internasionale wedstryde is ook die naweek afgehandel.

Italië 7–26 Australië

Wallis 74–24 Tonga

Engeland 35–15 Japan

Ierland 16–9 Nieu-Seeland

Frankryk 28–13 Argentinië

  • Suid-Afrika se vrouespan het teen Spanje gespeel en met 17-5 verloor.
  • Die 2019-Superrugby-reeks begin op 15 Februarie en sal ononderbroke vir 21 weke gespeel word tot 6 Julie. Daar sal weer 15 spanne in aksie wees.

Tennis

  • Die ATP se toerfinaal het gister in Londen sy klimaks bereik.
    • Suid-Afrika se (4) Kevin Anderson is in die halfeind deur (1) Novak Djokovic uitgeskakel. (3) Alexander Zverev het op sy beurt vir (2) Roger Federer geklop.
    • In die eindstryd het (3) Alexander Zverev vir (1) Novak Djokovic met 6-4 en 6-3 geklop.
  • In die eindstryd van die dubbelspel het (5) Mike Bryan en Jack Sock vir (8) Pierre-Hugues Herbert en Nicolas Mahut met 5-7, 6-1 en 13-11 geklop.

Krieket

  • Die Proteas het Saterdag op die Carrara Ovaal in hul enkel-T20-wedstryd skouers geskuur met Australië. Die wedstryd het laat begin weens reën en is verkort na 10 boulbeurte per span. Suid-Afrika het dié wedstryd met 21 lopies gewen. Daarmee het die Proteas skoonskip op hul toer gemaak deur die eendagreeks met 2-1 te verower en die T20-reeks met 1-0.
  • Twee wedstryde is gister in die Mzansi Superliga

Cape Town Blitz wen met 3 paaltjies teen Durban Heat.

Tshwane Spartans wen met 1 lopie teen die Paarl Rocks.

  • Die eerste toets tussen Pakistan en Nieu-Seeland het gister sy derde dag in Abu Dhabi beleef.

Nieu-Seeland 153 & 249

Pakistan 227 en 37/0 (teiken is 176)

Pakistan benodig 139 lopies met 10 paaltjies staande.

  • Sri Lanka en Engeland se tweede toets het in Pallekele ten einde geloop.

Engeland 290 en 346

Sri Lanka 336 & 243 (teiken was 301)

Engeland wen met 57 lopies.

  • Die vroue se T20-Wêreldbeker is in die Karibiese Eilande voortgesit.

Suid-Afrika het teen Engeland gespeel en met 7 paaltjies verloor. In hul laaste wedstryd het die Proteas vanoggend teen Bangladesj gespeel en hulle het met 30 lopies gewen.

Gholf

  • Die Wêreldtoerkampioenskap het gister in Dubai ten einde geloop. Die toernooi is deur Danny Willett met twee houe gewen.

1 Danny Willett -18

2 Patrick Reed -16

Matt Wallace -16

4 Dean Burmester -14

7 Dylan Frittelli -13

In die wedloop na Dubai het Francesco Molinari die seisoen as Europa se voorste speler afgesluit. Molinari het die wedloop na Dubai gemaklik gewen.

1 Francesco Molinari 4 709 921

2 Tommy Fleetwood 3 684 755

3 Justin Rose 3 431 616

  • In die PGA-reeks het die RSM Classic ook gister in Georgia geëindig.

1 Charles Howell III -19 (valbylstryd)

2 Patrick Rodgers -19

3 Webb Simpson -18

Motorwedrenne

  • Die Moto GP van Valencia (die laaste wedren in vanjaar se reeks) is Sondag op die Ricardo Tormo-baan in Spanje gejaag. Die wedren is in nat omstandighede beslis en moes ná 13 rondes gestaak word weens swaar reën. Die wedren is later weer oor 14 rondes gejaag en die uiteindelike wenner was Andrea Dovizioso (Ducati) met Alex Rins (Suzuki) tweede.
  • In die Moto2-afdeling kon Brad Binder nie 22 rondes voltooi nie. Brad sluit daarmee die seisoen in die derde plek af.

1 Francesco Bagnaia (Kalex) 306

2 Miguel Oliveira (KTM) 297

3 Brad Binder (KTM) 201

  • In die Moto3-wedren het Darryn Binder 19de geëindig.

Sokker

  • Een internasionale wedstryd is gister gespeel.

Spanje 1–0 Bosnië

  • Bafana Bafana het Saterdag in Afcon se kompetisie teen Nigerië te staan gekom en met 1 elk gelykop gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.