- Die Wêreldreeks se eerste toernooi, die Dubai-sewes, begin môreoggend om 07:00.
Die Blitsbokke is in Groep A.
Groep A: Argentinië, Suid-Afrika, Samoa en Zimbabwe.
Groep B: Fidji, Frankryk, Kenia en Skotland.
Groep C: Nieu-Seeland, Spanje, VSA en Wallis.
Groep D: Australië, Kanada, Engeland en Japan.
- Suid-Afrika se vrouespan sal reeds vandag aan die seweskompetisie in Dubai deelneem. Hul eerste wedstryd is teen Wallis.
Rugby
- Die span van die Barbarians wat Saterdag teen Argentinië op Twickenham speel, sal deur Wyatt Crockett van Nieu-Seeland aangevoer word. Daar is agt Bokke in die beginspan en vyf Bokke op die bank. Die afskop is om 16:30.
- In die Pro14-reeks word ses wedstryde komende naweek gespeel. Dit sal die Cheetahs en Kings se laaste wedstryde vir die jaar wees voor die aanbreek van die somervakansie.
Môre
Munster 21:35 Edinburgh
Ospreys 21:35 Zebre
Saterdag
Ulster 17:00 Cardiff Blues
Cheetahs 17:00 Connacht
Kings 19:15 Benetton Treviso
Dragons 19:15 Leinster
Krieket
- Die Proteas se Kagiso Rabada is weer die voorste bouler op die IKR se ranglys vir toetsboulers. Die 23-jarige Rabada het by Engeland se James Anderson verbygeskuif nadat Anderson die laaste toets teen Sri Lanka misgeloop het. Vernon Philander van Suid-Afrika is vierde.
- Virat Kohli is steeds die voorste toetskolwer in die wêreld met Dean Elgar agtste en Aiden Markram negende.
- Twee wedstryde is gister in die Mzansi Superliga gespeel.
Tshwane Spartans het die Jozi Stars met 4 paaltjies geklop.
Paarl Rocks klop die Durban Heat met 32 lopies (Duckworth/Lewis‑metode).
Gholf
- Die Mauritius Ope het vanoggend by die Four Seasons Gholfklub naby Anahita begin. Dié baan is deur Ernie Els ontwerp en Els is self dié week in aksie. Vyftig Suid-Afrikaners is op die inskrywingslys.
- In die Bahamas word Hero se Wêrelduitdaging die week gespeel. Net agttien spelers sal in aksie wees wat Tiger Woods insluit.
- In Australië het die Australiese PGA vanoggend aan die goue kus begin. Die vroeë voorlopers is Jake McLeod en Matt Jager wat beide op -6 is.
Netbal
- By die Diamant-uitdaging in Limpopo het die Proteas gister teen Botswana gespeel en met 83 – 16 koning gekraai.
- Twee ander wedstryde is ook gespeel.
SA Presidentspan 61 – 31 Namibië
Zambië 57 – 51 Zimbabwe
Hokkie
- Die Proteas het hul Wêreldbekertoernooi met ʼn pakslae afgeskop. Indië het Suid-Afrika in hul eerste wedstryd met 5 – 0 getroef. Suid-Afrika speel Sondag in hul volgende kragmeting teen Kanada.
- België het Kanada in die ander Groep C‑wedstryd met 2 – 1 geklop.
Sokker
- Banyana Banyana sal Saterdag (18:00) in die eindstryd van die Afrikabeker teen Nigerië speel. Nigerië is die verdedigende kampioene.
- In Uefa se Kampioeneliga is gisteraand agt wedstryde afgehandel.
Napoli 3 – 1 Crvena Zvezda
Tottenham Hotspur 1 – 0 Internazionale
Porto 3 – 1 Schalke
PSV 1 – 2 Barcelona
Borussia Dortmund 0 – 0 Club Brugge
Paris Saint-Germain 2 – 1 Liverpool
Lokomotiv Moskva 2 – 0 Galatasaray
Atlético Madrid 2 – 0 Monaco
- In die plaaslike Premierliga is gister een wedstryd gespeel.
Bloem Celtic 0 – 0 SuperSport United