Vandag se sportnuus

Chad Le Clos. Foto: (AP Photo/Ng Han Guan)

Swem

  • Chad le Clos is nie net die naweek aangewys as die beste manswemmer by Fina se Kortbad-wêreldkampioenskapreeks in China nie, maar Chad is ook as Fina se algehele manswemmer van die jaar aangewys. Dié eer het Chad ook in 2014 te beurt geval. Le Clos het die toekenning hoofsaaklik te danke aan sy prestasies vroeër vanjaar by die Statebondspele asook die Wêreldkampioenskapreeks.

Rugby

  • Die Springbokke sal op 6 September aanstaande jaar teen Japan speel ter voorbereiding vir die Wêreldbekertoernooi van 2019. Die Bokke sal twee weke later teen die All Blacks speel in hul eerste wedstryd in die groepfase van die Wêreldbeker.

Gholf

  • Ná die 2018 Alfred Dunhill-kampioenskap op Leopard Creek het Louis Oosthuizen met een posisie op die wêreldranglys teruggesak.

1 Brooks Koepka

2 Justin Rose

3 Dustin Johnson

4 Justin Thomas

5 Bryson DeChambeau

26 Louis Oosthuizen

49 Branden Grace

Krieket

  • Die eerste toets tussen Suid-Afrika en Pakistan begin aanstaande Woensdag in Centurion. Pakistan speel van môre af in ʼn driedag-opwarmingswedstryd teen ʼn Presidentspan op Willowmore Park in Benoni.
  • Dit is dag vyf van die tweede toets tussen Australië en Indië in Perth.

Australië 326 & 243

Indië 283 en 140

Australië wen met 146 lopies.

  • In Wellington is Nieu-Seeland steeds in ʼn goeie posisie op dag vier en Sri Lanka veg om oorlewing.

Sri Lanka 282 en 204/3

Nieu-Seeland 578 (Tom Latham 264 nie uit nie)

Sri Lanka is nog 91 lopies agter met 7 paaltjies staande.

  • Bangladesj en die Windies se eerste wedstryd in hul T20-reeks is gister gespeel.

Bangladesj 129

Windies 130/2 (10.5/20 bb, teiken was 130)

Windies wen met 8 paaltjies met 55 balle oor.

  • Die plaaslike meerdagreeks word môre hervat ná meer as ʼn maand lange ruskans. Môre begin daar drie wedstryde.

Johannesburg

Highveld Lions 10:00 Dolphins

Port Elizabeth

Warriors 10:00 Cape Cobras

Bloemfontein

Knights 10:00 Titans

Op die huidige punteleer is die Cape Cobras gemaklik voor.

1 Cape Cobras 103

2 Highveld Lions 91

3 Knights 71

4 Warriors 61

5 Titans 58

6 Dolphins 45

Hokkie

  • Suid-Afrika se vrouespan speel vandag in Kaapstad in hul derde kragmeting teen ʼn Internasionale Uitnodigingspan. Die laaste wedstryd in die reeks van vier word môre afgehandel. Suid-Afrika kon in die eerste wedstryd ʼn gelykop uitslag afdwing, maar het sleg verloor in die tweede.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is Liverpool die voorlopers met een punt ná 17 wedstryde.

1 Liverpool 45

2 Manchester City 44

3 Tottenham Hotspur 39

4 Chelsea 37

5 Arsenal 34

6 Manchester United 26

  • In die plaaslike Premierliga is een wedstryd gister afgehandel.

Bloem Celtic 1–2 Highlands Park

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.