Vandag se sportnuus

Spanje se Rafael Nadal (Foto: Rafael Nadal/Facebook)

Tennis

  • Die Australiese Ope het gister sy negende dag in Melbourne beleef.
    • Twee manspelers het hul plek in die halfeindronde bespreek. Hulle is (2) Rafael Nadal en (14) StefanosTsitsipas.
  • In die vroue-afdeling het (6) Petra Kvitová en die ongekeurde Danielle Rose Collins ook na die halfeind deurgedring.
  • In die dubbelspel het Suid-Afrika se Raven Klaasen en Michael Venus, wat sesde gekeur was, in die kwarteind vasgeval. Die ongekeurde paar van Leonardo Mayer en João Sousa het hulle in skoon stelle geklop.

Krieket

  • Foto: Cricket South Africa/Twitter

    Suid-Afrika en Pakistan se tweede eendagwedstryd is gister in Durban gespeel. Suid-Afrika het die loot gewen en eerste veldwerk gedoen.

Pakistan 203 (Andile Phehlukwayo neem 4 paaltjies vir 22 en Tabraiz Shamsi 3 vir 56).
Suid-Afrika 207/5 (Rassie van der Dussen 80 nun van 123 balle en Andile Phehlukwayo 69 lopies nun van 80 balle).
Suid-Afrika wen daarmee die wedstryd met 5 paaltjies en die reekstelling is nou een elk. Andile Phehlukwayo is as speler van die wedstryd aangewys. Die derde eendagwedstryd word Vrydag in Centurion afgehandel.

  • KSA het Kagiso Rabada geluk gewens met sy insluiting in die IKR se droom toetsspan vir 2018. Dit is die tweede keer dat Kagiso in dié span ingesluit is.
  • Nieu-Seeland en Indië pak mekaar vandag in Napier in hul eerste eendagwedstryd.
  • Die eerste toets tussen die Wes-Indiese Eilande en Engeland begin vanoggend in Bridgetown.
  • In die plaaslike meerdagreeks het drie wedstryde gister hul tweede dag beleef.

Oos Londen
Warriors 436/7 verklaar
Dolphins 269/7

Oudtshoorn
Titans 275
Cape Cobras 299/5

Bloemfontein
Knights 357
Highveld Lions 279/5

Die Lions is 78 lopies agter met 5 paaltjies staande.

Sewesrugby

  • Die Blitsbokke speel komende naweek in Waikato (Nieu-Seeland) in Groep C by die derde toernooi van die wêreldreeks. Suid-Afrika is saam met Skotland, Frankryk en Kenia vir die groepfase ingedeel.

Rugby

  • Daan Human sal die jaar die Bulls en Cheetahs se skrum-afrigter wees. Die Bulls speel in die Superreeks en die Cheetahs in die Pro14.

Gholf

  • Hierdie week val die kollig in Europa op die Omega Dubai Desert Classic wat môre begin. Ses Suid-Afrikaners sal in aksie wees. Dit sluit in Dean Burmester, Dylan Frittelli en Branden Grace.

In die seisoen se wedloop na Dubai is Ierland se Shane Lowry tans die voorloper met Richard Sterne en Louis Oosthuizen van Suid-Afrika, tweede en derde.

  • In Amerika begin die Farmers Insurance Ope môre. Tiger Woods sal in sy eerste toernooi van 2019 saam met Tony Finau en Xander Schauffele op die bof wees vir die eerste twee rondes.

Sokker

  • In die Engelse Ligabeker word daar vanaand een wedstryd gespeel. Chelsea 21:45 Tottenham Hotspur
  • In die Plaaslike Premierliga is daar gisteraand twee wedstryde afgehandel.

Orlando Pirates 1 – 1 Baroka
Highlands Park 1 – 2 Mamelodi Sundowns

  • Banyana Banyana het gisteraand in Kaapstad teen Swede op die veld gedraf en met nul elk gelyk gelykop gespeel. Swede is negende op die wêreldranglys.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.