Vandag se sportnuus

Die Stormers, Bulls, Sharks en Lions se helde spog met hul nuwe truie. Foto: Twitter.

Rugby

  • Al vier Suid-Afrikaanse spanne sal die komende naweek weer in die Superrugby-reeks in aksie wees.

Saterdag

Sharks 15:05 Blues

Stormers 17:15 Lions

Jaguares 23:40 Bulls

  • Die Springbokvleuel, Cornal Hendricks, maak die naweek sy terugkeer na Superrugby na vier jaar. Hendricks sal vir die Bulls teen die Jaguares uitdraf.
  • Intussen is die Cheetahs se senter, Nico Lee, uitgewys vir swak sportmanskap. Lee sal vandag voor die dissiplinêre komitee van die Pro14-reeks verskyn oor die sogenaamde voorval teen Connacht die afgelope naweek.
  • In die Sesnasies-reeks word komende Saterdag twee wedstryde en Sondag een wedstryd gespeel. Op die punteleer is Engeland gemaklik voor na twee rondes.

1 Engeland 10

2 Wallis 8

3 Skotland 5

4 Ierland 4

5 Frankryk 1

6 Italië 0

  • Intussen het Leigh Halfpenny weer saam met Wallis begin oefen voor hul wedstryd komende naweek teen Engeland in Cardiff.
  • Italië se kaptein, Sergio Parisse, sal hul wedstryd komende naweek teen Ierland misloop as gevolg van ʼn kopbesering.
  • Bill Sweeney is aangewys as die nuwe rugbybaas in Engeland. Sweeney is tans die uitvoerende hoof van die Britse Olimpiese Vereniging.
  • Ná Maandag se vier Varsitybeker-wedstryde is Maties eerste op die punteleer.

Die kapteins vir die komende Varsitybeker. Foto: Varsitybeker Facebookblad.

1 Maties 14

2 UP-Tuks 10

3 Shimlas 10

4 NWU 9

5 Wits 6

6 UCT Ikeys 5

7 CUT 4

8 UJ 2

9 UWC 0

Krieket

  • Suid-Afrika en Sri Lanka se tweede en laaste toets begin môre in Port Elizabeth. Die snelbouler van Suid-Afrika, Vernon Philander, sal dié toets misloop as gevolg van ʼn dyspierbesering. Sri Lanka loop met 1 – 0 voor in dié reeks.
  • Nieu-Seeland en Bangladesj se derde T20-wedstryd word vandag afgehandel. Nieu-Seeland loop met 2 – 0 voor in dié reeks.
  • In die plaaslike eendagreeks is een wedstryd gister in Bloemfontein gespeel.

Knights 282/6

Cape Cobras 286/7 (49.3/50 bb, teiken 283)

Cape Cobras wen met 3 paaltjies met 3 balle oor.

Lloyd Harris en Wayne Ferreira. Foto: atptour.com/ANA

Tennis

  • Wayne Ferreira, wat twee keer die halfeind van die Aussie Ope bereik het, skaaf die week aan die jong Lloyd Harris van Suid-Afrika. Harris is dié week by die Delray Beach Ope in aksie en het in die ronde van sestien met Darian King afgereken. Die telling was 7–6 en 6–3.
  • By Dubai se Kampioenskap vir vroue het Carla Suárez Navarro, Elina Svitolina, Garbiñe Muguruza asook Petra Kvitová oorwinnings behaal in die ronde van 16.

Gholf

  • Die Mexikaanse Kampioenskap word dié week as deel van die Wêreld-gholfkampioenskap in Mexiko Stad gespeel.
  • In Amerika slaan die spelers môre af in die Puerto Rico Ope by die Coco Beach‑buiteklub.
  • In Suid-Afrika is die fokus op die SA Meesters vir vroue. Dié toernooi begin môre op San Lameer.

Motorwedrenne

  • Formule Een se wintertoetsing is gister in Barcelona voortgesit. Ferrari se nuwe renjaer, Charles Leclerc, het die vinnigste tye aangeteken en ook die meeste rondes voltooi.

Sokker

  • In Uefa se kampioeneliga is gister twee wedstryde gespeel.

Liverpool 0 – 0 Bayern München

Olympique Lyonnais 0 – 0 Barcelona

  • In die plaaslike Premierliga is gister een wedstryd afgehandel.

Mamelodi Sundowns 1 – 1 Polokwane City

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.