Vandag se sportnuus

Kyle Brown Foto: Facebook.

Rugby:

  •  Kyle Brown het  sy uittrede uit internasionale sewesrugby aangekondig. Die voormalige kaptein van die Blitsbokke het in 347 wedstryde gespeel en 89 drieë gedruk. Brown was aan die stuur van sake toe die Blitsbokke die goue medalje by die 2014 Statebondspele gewen het. Die span het ook onder sy leiding die brons medalje by die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro ingepalm.
  • Handré Pollard is terug in die Bulls-trui vir hul wedstryd teen die Highlanders in Dunedin. Hy sal saam met Embrose Papier die skakelpaar vorm.

Branderplankry:

  • Van die beste vroue-branderplankryers ter wêreld sal van 13 tot 17 Junie op Port Elizabeth toesak vir die Volkswagen SA Ope. Die kompetisie word op Pollock Beach aangebied.

Tennis:

  • Suid-Afrika se Chanel Simmonds het haar kwalifiserende wedstryd vir die ITF Wêreldtoer in Suid-Korea teen Hyojung Yea gewen. Die telling was 6 – 3 en 6 – 4 in die Suid-Afrikaner se guns.
  • Wanneer Rafael Nadal vir Roger Federer in die halfeindstryd van die Franse Ope op Roland‑Garros aanvat, sal dit die 12de keer wees wat die Spanjaard vir die semi-finaal van dié toernooi kwalifiseer.

Federer het self al 12 keer vir die halfeindstryde van twee ander toernooie gekwalifiseer – die Australiese Ope en Wimbledon.

Die legendariese Jimmy Connors hou die rekord vir die meeste halfeindstryd-verskynings by ’n enkele toernooi. Hy was 14 keer in die halfeindstryd van die Amerikaanse Ope in aksie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.