Vandag se sportnuus

Lungi Ngidi. Foto: Cricinfo.

Krieket:

  • Die wiskunde is eenvoudig: Die Proteas móét eenvoudig môre se wedstryd teen Afghanistan wen indien hulle nog enige kans wil hê om vir die Wêreldbeker se uitkloprondes te kwalifiseer.

Goeie nuus is dat Lungi Ngidi terug is vir die wedstryd, maar die reënvooruitsigte lyk nie goed nie. Daar is ’n 70%-kans vir reën in die middag.

Die wedstryd begin om 14:30.

  • Intussen het die reënweer gesorg dat gister se kragmeting tussen Indië en Nieu-Seeland ook afgestel is sonder dat ’n enkele bal geboul is.

Rugby:

  • Die groot Suid-Afrikaanse Superrugby-wedstryde is môre tussen die Stormers en die Sharks in Kaapstad, terwyl die Lions die Bulls op Loftus Versfeld aandurf. Alles is nog op die spel in die finale groepwedstryde van vanjaar se reeks.
  • Castle Lager het sy betrokkenheid by verskeie Boktown-venues vir later vanjaar se Wêreldbeker bekend gemaak.

Die venues is: Montecasino (Johannesburg), Silverstar Casino (Krugersdorp), Suncoast Casino (Durban), The Barnyard Theatre (Willowbridge, Kaapstad), Goldfields Casino (Welkom), Gold Reef City (Johannesburg), Emnotweni (Nelspruit), The Ridge (Witbank), Hemingways (Oos-Londen), Garden Route Casino (Mosselbaai), Black Rock Casino (Newcastle), Weiveld (Pretoria).

Sokker:

  • Banyana Banyana het gister met 0-1 teen Sjina in hul Wêreldbekerwedstryd in Parys verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.