Vandag se sportnuus

Pieter-Steph du Toit. (Foto: GB Jordaan)

Rugby:

  • Rassie Erasmus het sy span bekend gemaak vir Vrydag se opwarmingswedstryd teen Japan.
  • Siya Kolisi vervang vir Kwagga Smith en sal saam met Pieter-Steph du Toit (wat sy 50ste toets sal speel) en Duane Vermeulen die lostrio wees.
  • Eben Etzebeth sal die kragmeting soos oudergewoonte op slot begin.
  • Die wedstryd word Vrydag regstreeks om 12:15 op SuperSport 1
  • Springbokke: Willie le Roux (heelagter), Cheslin Kolbe (regtervleuel), Lukhanyo Am (buitesenter), Damian de Allende (binnesenter), Makazole Mapimpi (linkervleuel), Handré Pollard (losskakel), Faf de Klerk (skrumskakel), Duane Vermeulen (agtsteman), Pieter-Steph du Toit (flank), Siya Kolisi (flank en kaptein), Franco Mostert (slot), Eben Etzebeth (slot), Frans Malherbe (stut), Malcolm Marx (haker), Steven Kitshoff (stut). Plaasvervangers: Bongi Mbonambi, Tendai Mtawarira, Trevor Nyakane, RG Snyman, Francois Louw, Herschel Jantjies, Frans Steyn, Jesse Kriel.
  • Skaars een maand nadat hy sy debuut vir die Iere gemaak het, sal Jean Kleyn saam met Ierland na die Wêreldbeker-rugbytoernooi reis.
  • Sy insluiting beteken dat die ervare Devin Toner (wat 67 toetse vir Ierland gespeel het) nie in die span ingesluit is nie.

Tennis:

  • Rafael Nadal het na die kwarteindstryd van die Amerikaanse Ope deurgedring toe hy vir Marin Cilic geklop het.
  • Die telling was 6-3, 3-6, 6-1 en 6-2 in Nadal se guns.
  • Kaartjies vir die Roger Federer/Rafael Nadal-tweestryd op 7 Februarie in Kaapstad sal van môre by Computicket beskikbaar wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

kolla ·

Dankie tog vir Kaptein Kolisi. Hy sal sorg dat die manne nie weer skandes maak soos laas met die leierlose span teen Japan nie.

Swartwolf ·

Kwota sal vir 50 min rond drawwe dan bankie toe. Tussen agsteman en losskakel, die regte leiers in die span, sal hul seker maak die bokke wen.

sweis ·

Ek stem nie saam die proteas of groen hempies of wat hulle hulself nou noem moet dit geniet want hulle gaan nie lank daar,die all blacks gaan hulle verniel.

Kerneels ·

Ek hoop vi jou part jys reg, kolla. Want anders gaan die manne jou (weer) uithaal!

Swartwolf ·

@kerneels – weer met sy hero oor die kop geslaan. Ons hoop maar vir die bokke hulle wen, van kwota af verwag ek dalk een of twee goeie spel periodes so 20 min elk maar as dit hard raak of verdwyn hy in die spel of hy gaan rusbankie toe dat die harde manne soos Duane en Kwagga klaarmaak en tussen Duane en Pollard die leierskap optel. Hy is nie ‘n Francois of John nie.

kolla ·

Genadiglik is die Bokke voltallig nou. Met Kwakkies in die span was daar eintlik een speler kort want hy het net staan en tanne tel plaas van ‘n bydrae te lewer.

kolla ·

Kwagga ‘n harde man? Hy probeer seker hard om so min as moontlik te doen. Genade, lanklaas so lekker gelag.

Swartwolf ·

Kwagga speel 80 min voluit. Sy werkverrigting is stukke beter as kwota s’n. Hy is harder as jou kopbeen.

kolla ·

As enige Kwakkies aanhanger regtig eerlik met homself is, sal hy saamstem dat Kwakkies tot dusver uiters terleurstellende spel vir die Bokke gelewer het. Almal van ons (selfs ek) het baie meer van hom verwag.

ja nee ·

Kyk kolla ek weet nie watter rugby die ander mense hier kyk nie, maar die dag as Kwagga Smith ‘n beter losvoorspeler is as Kolisi sal nie in ons leeftyd aanskou word nie. As Argentinia nie obstruksie gepleeg het vroeer in daai potensiele wendrie nie het hulle gewen – en dit sou bloot gewees het omdat Kwagga nie kan tackle nie! Daar is darem baie losvoorspelers in SA wat hulle eerder kan saamvat as backup vir Kolisi.

Swartwolf ·

Enige persoon wat iets van voorspeler spel weet sal dit duidelik sien dat die bokke se agtal stukke beter was met Duane as kaptein en Smit op flank as met kwota kaptein op enige posisie. Duane se leierskap en Smit se werkverrigting maak die bok agtal die volledige pak om enige ander span voor te domineer. Dit het ons gesien in die SR wedstryde.

kolla ·

Al die rugby-aanhangers wie ek ken en AL die rugbykenners wie se berigte ek gelees het, is dit eens dat Kwakkies nie aan die vooraf “hype” voldoen het nie. Meeste van hulle sou ook Coetzee bo Kwakkies gekies het vir die wereldbeker. Op die ou end was Kwakkies net gelukkig om te gaan weens Coetzee se besering.

CFS ·

Ek sal graag wil weet watter berigte is dit waar die “kenners” reken Kwagga is nie goed genoeg nie.

Al ·

Laat ons realisties wees:
1) Francois Pienaar was nie die beste flank in 1995 nie, maar hy was ‘n baie goeie leier en ons wen die World Cup!
2) John Smit was nie die beste haker nie, maar agv sy goeie leiereienskappe wen ons die World Cup!
3) Siya Kolisi is nie die beste flank nie, maar gelukkig is Duanne daar!

Swartwolf ·

So jy se kwota is nie die beste flank of kaptein nie…..wat doen hy dan in Japan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.