Vandag se sportnuus

Indië se Virat Kohli en SA se Quinton de Kock stap na mekaar om blad te skud na Indië se oorwinning (AP Photo/Altaf Qadri).

Krieket:

* Die Suid-Afrikaanse T20-krieketspan se gebrek aan wedstrydfiksheid is blootgelê toe die Proteas Woensdagaand in Mohali met sewe paaltjies in die tweede T20-wedstryd deur Indië geklop is.

Nadat Suid-Afrika by 149/5 in sy 20 boulbeurte uitgekom het (Quinton de Kock 52, Temba Bavuma 49), het Indië, danksy Virat Kohli (72*) en Shikhar Dhawan (40), die teiken met ses balle oor verbygesteek

Wat kommerwekkend is, is dat die vier SA naatboulers (Kagiso Rabada, Anrich Nortjé, Dwaine Pretorius en Andile Phehlukwayo) in nege boulbeurte (drie boulbeurte elk) 103 lopies afgestaan het en net een paaltjie tussen hulle kon plattrek.

Nadat die eerste wedstryd in Dharamsala uitgereën het, loop Indië nou met 1 – 0 voor met net Sondag se laaste kragmeting wat in Bangalore (amptelik as Bengaluru bekend) oorbly.

* Kyle Abott, die voormalige snelbouler van die nasionale krieketspan, lag darem seker lekker in sy mou nadat hy Woensdag die rekords vir die Engelse graafskap Hampshire teen Somerset laat spat het.

Nadat hy 9/40 in die eerste beurt platgetrek het, het hy dit met 8/46 opgevolg vir ʼn wedstrydontleding van 17/86 – die beste ontleding nog sedert 1923.

Dit is (saam met ses ander spelers) die tweede beste vertoning ooit en slegs ʼn kortkop agter die wêreldbeste van Jim Laker (19/90) in 1956 vir Engeland teen Australië.

Abbott, wat as Kolpak-speler in die tweede jaar van sy Hampshire-kontrak is, het reeds die tweede meeste paaltjies (68) in dié seisoen se graafskapsreeks platgetrek.

Mario Ledesma. Foto: (AP Photo/Tertius Pickard, File)

Rugby:

* Die Argentynse rugby-afrigter, Mario Ledesma, het al sy hardebaarde, soos Nicolas Sanchez en Agustin Creevy, gekies vir die kragmeting Saterdag in die Wêreldbekertoernooi teen Frankryk in Tokio.

Die Argentynse span is: 15 Emiliano Boffelli, 14 Matias Moroni, 13 Matias Orlando, 12 Jeronimo de la Fuente, 11 Ramiro Moyano, 10 Nicolas Sanchez, 9 Tomas Cubelli, 8 Javier Ortega Desio, 7 Marcos Kremer, 6  Pablo Matera (kaptein), 5 Tomas Lavanini, 4 Guido Petti, 3 Juan Figallo, 2 Agustin Creevy, 1 Nahuel Tetaz Chaparro.Plaasvervangers: 16 Julian Montoya, 17 Mayco Vivas, 18 Santiago Medrano, 19 Matias Alemanno, 20 Tomas Lezana, 21 Felipe Ezcurra, 22 Benjamin Urdapilleta, 23 Santiago Carreras.

* Die Wallaby-afrigter, Michael Cheika, het net een verandering aan die span aangebring wat die All Blacks in die onlangse Rugbykampioenskaptoets in Perth geklop het, vir Saterdag se kragmeting met Fidji in Sapporo.

Die veteraan-flank David Pocock keer terug in die plek van Lukhan Salakaia-Loto.

Die spanne is:

Wallabies: Kurtley Beale, Reece Hodge, James O’Connor, Samu Kerevi, Marika Koroibete, Christian Leali’ifano, Nic White, Isi Naisarani, Michael Hooper (kaptein), David Pocock, Rory Arnold, Izack Rodda, Allan Alaalatoa, Tolu Latu, Scott Sio. Plaasvervangers: Jordan Uelese, James Slipper, Sekope Kepu, Adam Coleman, Lukhan Salakaia-Loto, Will Genia, Matt To’ouma, Dane Haylett-Petty.

Fidji: Kini Murimurivalu, Josua Tuisova, Waisea Nayacalevu, Levani Botia, Semi Radradra, Ben Volavola, Frank Lomani, Viliame Mata, Peceli Yato, Dominiko Waqaniburotu (kaptein), Leone Nakarawa, Tevita Cavubati, Peni Ravai, Sam Matasevi, Campese Ma’afu. Plaasvervangers: Veremalua Vugakoto, Eroni Mawi, Manasa Saulo, Tevita Ratuva, Mosese Voka, Nikola Matawalu, Alivereti Veitokani, Vereniki Goneva.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ind ·

Kohli, India, is op n ander vlak. Dis n span wat wil jol. Proteas, al reeds verskonings gesoek voor ons nog soentoe is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.