Vandag se sportnuus

Cobus Reinach.. (Kyodo News via AP)

Rugby:

  • Cobus Reinach se driekuns in gistermiddag se wedstryd teen Kanada is die vinnigste in Wêreldbeker-geskiedenis.

Die blitsige Springbok-skrumskakel het sy drie drieë binne die eerste 20 minute van die spel gedruk.

Die vorige rekord is deur Australië se Chris Latham gehou. Hy het sy driekuns binne 25 minute teen Namibië in die 2003-Wêreldbeker-rugbytoernooi behaal.

  • In vandag se Wêreldbeker-aksie meet Argentinië en die VSA kragte. Die Argentyne het ’n rustydvoorsprong van 19-5 geniet.
  • Om 09:15 speel Skotland teen Rusland, terwyl Australië en Georgië om 12:15 in aksie is.
  • Intussen het Suid-Afrika se mees suksesvolle Blitsbok-kaptein, Phillip Snyman, sy uittrede aangekondig.

Die 32-jarige se rugbesering het sy sterk loopbaan kortgeknip. Hy is die enigste Blitsbok wat in drie Wêreldbeker-toernooie gespeel het, terwyl die Blitse onder sy leiding twee keer die HSBC-sewesreeks gewen het, asook ’n bronsmedalje by die 2018-Wêreldbeker verower het.

Hy het altesaam 276 wedstryde vir die Blitsbokke gespeel.

Krieket:

  • Die tweede toets tussen die Proteas en Indië begin môre op Pune. Die Indiërs het die eerste toets op ’n drafstap met 203 lopies gewen.

Talle kenners voel dat Faf du Plessis te laat kom kolf. Die Protea-kaptein se naam word tans vyfde op die kolflys ingevul; met Temba Bavuma en Theunis de Bruyn wat bó hom kolf.

Tennis:

  • Andy Murray het vir Fabio Fognini beskuldig dat hy doelbewus sy aandag in hul Shanghai Meesters-wedstryd afgetrek het.

Volgens die vurige Murray het die Italiaanse speler geskree net voordat hy die bal moes slaan – iets wat teen die spel se reëls is.

Fognini het die wedstryd 7-6, 2-6 en 7-6 gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hennie ·

Geluk Bokke dat julle deur is na die kwarteindstryde, nou moet julle ASB voet op die versneller trap en speel soos ons weet julle kan. Sterkte en bring die beker huistoe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.