Vandag se sportnuus

Quinton de Kock (Foto: Cricket South Africa, Facebook)

Krieket:

  • Die Quinton de Kock-era het op die beste moontlike manier begin en hoewel die reeks nog hoegenaamd nie in die sakkie is nie, het die Proteas gister op Nuweland ’n hele paar kritici se monde gesnoer met ’n puik sege van sewe paaltjies oor Engeland.

Die nuwe Suid-Afrikaanse kaptein het die loot gewen en nie geskroom om die besoekers in te stuur om eerste te kolf nie. Dit was ’n dapper besluit want slegs nege van die laaste 33 eendagwedstryde op Nuweland is gewen deur spanne wat ’n telling moet jaag.

Maar De Kock het vooraf gesê dat sy span straatslim-krieket moet speel. En dit is presies wat hulle gedoen het.

’n Skitterende Tabraiz Shamsi (3/38) het die Engelse kolfmasjien kwaai ontwrig en hulle is tot 258/8 in hul toegelate 50 boulbeurte beperk.

Daarna het De Kock ’n bobaasbeurt van 107 gespeel en hy het saam met ’n  veglustige Temba Bavuma (98) die Engelse laat sweet. Die duo het 173 om die tweede paaltjie aangeteken om die weg te baan vir ’n goeie oorwinning.

Die volgende eendagwedstryd word Vrydag in Durban beslis.

Rugby:

  • Suid-Afrika se voorste skeidsregter, Jaco Peyper, sal aan stuur van sake in die Lions/Reds-tweestryd op Emirates Airline-park wees, terwyl Marius van der Westhuizen die fluitjie in die Bulls/Stormers-derby sal blaas.
  • Drie Blitsbok-spelers tel onder die bestes van die afgelope Sydney-toernooi. JC Pretorius, Selvyn Davids en Angelo Davids is saam met Ben Pinkelman, Ben Harris, Napolioni Bolaca en Waisea Nacuqu in die droomspan opgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jims ·

Netjies gedoen Quinton en span! Bye Faf, Quinton kan maar in alle formate oorneem.

Namib ·

Mooi Kokkie en spanmaats, onthou egter net, om te wen is een ding, maar om dit vol te hou is die belangrikste deel. Doet so voort manne!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.