Vandag se sportnuus

loftus6

Loftus Versfeld. Argieffoto.

Rugby:

  • Die Bulls se nuwe direkteur van rugby, Jake White, het in ’n onderhoud gesê dat ’n nuwe tydvak op Pretorianers wag.

“Die Bulls is een van die top-unies ter wêreld; veral as jy na hul geskiedenis kyk – al die silwerware wat hulle reeds verower het en die spelers wat uit hul rugbyfabriek gekom het.

“Daar is 47 rugbyvelde in Lynnwood-straat en dit behoort jou beslis iets van hul rugbykultuur te vertel,” het White gesê.

“As jy by ’n klub of unie betrokke wil raak, moet jy êrens gaan waar jy ’n verskil kan maak. En die Bulls is ongetwyfeld ’n span waar ons saam sukses kan smaak.”

  • Met die Olimpiese Spele wat nou van 23 Julie tot 8 Augustus 2021 sal plaasvind, kan dit Neil Powell se Blitsbok-voorbereidingsplanne ʼn bietjie deurmekaar krap.

Die Britse en Ierse Leeus is oor dieselfde tydperk op hul Suid-Afrikaanse safari, wat kan beteken dat ’n sterspeler soos Cheslin Kolbe nie vir die Olimpiese groep beskikbaar sal wees nie.

Krieket:

  • Die voormalige Lions-kolwer Devon Conway mag vir Nieu-Seeland se gekies word.

Die 28-jarige Suid-Afrikaner het drie jaar gelede nog eersterangse krieket in sy geboorteland gespeel, maar lewer deesdae skitterspel vir Wellington in Nieu-Seeland.

Die talentvolle kolwer het onlangs 327 lopies teen Canterbury geslaan en volgens die Internasionale Krieketraad mag hy op 28 Augustus 2020 vir sy aangenome land gekies word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.