Vandag se sportnuus

Mercedes se Lewis Hamilton (middel) vier ’n oorwinning. (23 Junie 2019). (Foto: AP Photo/Claude Paris)

F1:

  • Ben Hunt, wat vir SunSport in Engeland skryf, voel dat Lewis Hamilton die beste F1-jaer nóg is; beter as Ayrton Senna én Michael Schumacher.

Buiten vir sy goeie prestasies op die renbaan is die 35-jarige Brit ook deesdae in die nuus vir sy ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging. Hy het onder meer ’n beduidende rol gespeel in Mercedes se besluit om vanjaar met swart renmotors deel te neem.

Volgens Hunt is Schumacher se rekord (91 seges en sewe kampioenskaptitels) die beste in F1-geskiedenis. Tog rook hy nie die pyp op sy lys nie.

“Net soos wat Senna en Schumacher vóór hom gedoen het, het Hamilton die sport na nuwe hoogtes geneem; veral as dit by wedren-oorheersing kom. Hy is ongelooflik bestendig, briljant in die kwalifiserende rondes en maak selde ’n fout,” het Hunt van Hamilton gesê.

In dieselfde asem het hy Senna as ’n buitengewoon talentvolle held beskryf.

“Hy was ongelooflik passievol en het gehelp om die bemarkingswaarde van F1 ’n ongekende hupstoot te gee.”

Ander top-bestuurders op sy lys is onder andere sir Jackie Stewart en Niki Lauda.

Hunt se tien beste bestuurders in F1-geskiedenis:

  1. Lewis Hamilton
  2. Ayrton Senna
  3. Michael Schumacher
  4. Jim Clark
  5. Juan Manuel Fangio
  6. Sir Jackie Stewart
  7. Niki Lauda
  8. Alain Prost
  9. Sir Stirling Moss
  10. Fernando Alonso

Krieket:

  • Die tweede toets tussen Engeland en die Wes-Indiese Eilande begin môre in Manchester.

Die besoekers het die eerste toets in Southampton met vier paaltjies gewen.

  • Intussen het die voormalige Bangladesj-kaptein Mashrafe Mortaza negatief vir Covid-19 getoets.

Sy vrou is egter steeds positief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SwartBees ·

Hoekom moet alles deesdaedie BLM lable dra?! Ek vind dit as rassisties en bevoordeel net een groep mense. ALM maak meer sin. Maar net my 2c worth.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.