Vandag se sportnuus

Dean Elgar. (Foto twitter @officialcsa).

Krieket:

  • In plaaslike krieketnuus het Dean Elgar sy waarde as openingskolwer onderstreep met ’n kenmerkende hardebaard-vertoning teen die Cape Cobras.

Die 33-jarige – wat ook ’n kans het om die Proteas se volgende toetskaptein te word – het 101 van die Titans se 150 lopies in hul eerste beurt aangeteken.

Hy het dit opgevolg met ’n veglustige 58 lopies om die Titans in die regte rigting te stuur. Die Pretorianers benodig ’n verdere 121 lopies met sewe paaltjies staande om die wedstryd te beklink.

Rugby:

  • Die Cheetahs se Springbok-losvoorspeler Oupa Mohojé is terug vir die Vrystaters in hul Superrugby Unlocked-stryd teen die Sharks in Durban.

Die span se Pumas-aanwins, Jeandré Rudolph, sal saam met Mohojé op die plaasvervangersbank wees.

Vir die Sharks sal hul kaptein, Lukhanyo Am, vir vier weke op die krukkelys wees nadat hy sy hand beseer het. Henco Venter sal sy kapteinskoene volstaan.

Cheetahs: Clayton Blommetjies (heelagter), Malcolm Jaer (regtervleuel), William Small-Smith (buitesenter), Frans Steyn (binnesenter), Rosko Specman (linkervleuel), Tian Schoeman (losskakel), Tian Meyer (skrumskakel), Aidon Davis (agtsteman), Junior Pokomela (kaptein en flank), Andisa Ntsila (flank), JP du Preez (slot), Carl Wegner (slot), Luan de Bruin (stut), Reinach Venter (haker) en Charles Marais (stut). Plaasvervangers: Jacques du Toit, Boan Venter, Khutha Mchunu, Oupa Mohojé, Jeandré Rudolph, Ruben de Haas, Reinhardt Fortuin, Chris Smit.

Sharks: Manie Libbok (heelagter), Yaw Penxe (regtervleuel), Jeremy Ward (buitsenter), Marius Louw (binnesenter), Madosh Tambwe (linkervleuel), Curwin Bosch (losskakel), Sanele Nohamba (skrumskakel), Phendulani Buthelezi (agtsteman), Henco Venter (kaptein en flank), Dylan Richardson (flank), Hyron Andrews (slot), JJ van der Mescht (slot), John Hubert-Meyer (stut), Dan Jooste (haker) en Ox Nche (stut). Plaasvervangers: Kerron van Vuuren, Mzamo Majola, Michael Kumbirai, Ruben van Heerden, Thembelani Bholi, Sikhumbuzo Notshe, Grant Williams en Werner Kok.

Tennis:

  • Suid-Afrika se Kevin Anderson het weens ’n besering nie sy ATP-wedstryd teen Rusland se Daniil Medvedev in Parys voltooi nie.

Die telling was 6-elk in die eerste stel.

Dit is die tweede keer in sy laaste drie wedstryde waar die Suid-Afrikaner aan ’n wedstryd moes onttrek. Die 34-jarige het ook in die Wene-halfeindstryd die handdoek teen Rusland se Andrey Rublev ingegooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dubbelloop ·

Toe swig die Cheetah rugby unie en bestuur ook onder blm met die nuutste kaptein..Siestog..Ek was ń trotse Cheetah ondersteuner maar, ek groet julle dan. Skande!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.