Vandag se sportnuus

Stan Wawrinka en Andrey Rublev. Foto: Twitter.

Tennis:

  • Andrey Rublev se droomlopie – waar hy die toernooie in St. Petersburg en Wene gewen het – het gister tot ’n einde gekom toe hy in die derde ronde van die Parys-meesterstoernooi deur Stan Wawrinka uitgeskakel is.

Wawrinka het die kragmeting met 1-6, 6-4 en 6-3 gewen.

In ander wedstryde het Rafael Nadal met Jordan Thompson met 6-1 en 7-6 afgereken, terwyl Alexander Zverev vir Adrian Mannarino met 7-6, 6-7 en 6-4 geklop het.

Rugby:

  • In rugbynuus sal die Stormers hul Superrugby Unlocked-veldtog weer op koers wil kry teen Griekwas in Kimberley nadat hulle verlede week lelik deur die Bulls op Loftus Versfeld ontspoor is.

Die wedstryd begin Saterdag om 16:30.

Griekwas: James Verity-Amm (heelagter), Ederies Arendse (regtervleuel), Eduan Keyter (buitesenter), Johnathan Francke (binnesenter), Bjorn Basson (linkervleuel), Tinus de Beer (losskakel), Zak Burger (kaptein en skrumskakel), Carl Els (agtsteman), Stefan Willemse (flank), Gideon van der Merwe (flank), Adré Smith (slot), Mzwanele Zito (slot), Ewald van der Westhuizen (stut), HJ Luus (haker) en Mox Mxoli (stut). Plaasvervangers: Monde Hadebe, Andrew Beerwinkel, Madot Mabokela, Johan Momsen, Ewan Coetzee, Theo Maree, George Whitehead, Harlon Klaasen, Bandisa Ndlovu, Cameron Lindsay en Dan Kasende.

Stormers: Warrick Gelant (heelagter), Edwill van der Merwe (regtervleuel), Dan du Plessis (buitesenter), Rikus Pretorius (binnesenter), Angelo Davids (linkervleuel), Damian Willemse (losskakel), Paul de Wet (skrumskakel), Juarno Augustus (agtsteman), Ernst van Rhyn (flank), Marcel Theunissen (flank), JD Schickerling (slot), David Meihuizen (slot), Neethling Fouché (stut), Bongi Mbonambi (haker) en Steven Kitshoff (kaptein en stut). Plaasvervangers: Scarra Ntubeni, Kwenzo Blose,  Frans Malherbe, Sazi Sandi,  Salmaan Moerat, Chris van Zyl, Ben-Jason Dixon, Godlen Masimla, Tim Swiel, Michal Hazner en Ruhan Nel.

Krieket:

  • Die Mumbai Indians het gisteraand die Delhi Capitals met 57 lopies geklop om vir die eindstryd van die Indiese Premierliga te kwalifiseer.

Quinton de Kock het 40 lopies van slegs 25 aflewerings vir die Indians geslaan, maar Kagiso Rabada (0/42) en Anrich Nortjé (1/50) het met die bal gesukkel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae