Vandag se sportnuus

Aiden Markram. Foto: Anesh Debiky/AFP Photo.

Krieket:

  • Die plaaslike franchise-krieketreeks is ’n paar weke oud, maar nasionale kolwers soos Aiden Markram, Dean Elgar en Kyle Verreynne is besig om hul stempel op die toernooi af te dwing.

Die 26-jarige Markram, wat dr. Ali Bacher se keuse is om Faf du Plessis se kapteinskoene in die toetsarena vol te staan, is die tweede voorste lopiemaker in die reeks.

Hy het reeds 356 lopies teen ’n gemiddeld van 71,20 vir die Titans geslaan.

Dean Elgar (251 lopies teen 41,83), Pieter Malan (269 lopies teen 38,42) en Kyle Verreynne (247 lopies teen 61,75) tel ook onder die voorste kolwers.

Op die boulfront vaar Tabraiz Shamsi (15paaltjies teen 15,06) die beste van die Protea-boulers in die reeks.

Rugby:

  • Hacjivah Dayimani en EW Viljoen sal ’n hele paar wedstryde vir die Xerox Leeus weens beserings misloop.

Die talentvolle Dayimani kan vir tot drie maande op die krukkelys wees nadat hy ’n knieoperasie ondergaan het, terwyl Viljoen sy dyspier in die wedstryd teen Griekwas beseer het.

  • Bepalings vir die naweek se Curriebeker-aksie:

Pumas teen Griekwas (Vrydag om 19:00 op Mbombela)

Blou Bulle teen Cheetahs (Saterdag om 16:30 op Loftus Versfeld)

Leeus teen WP (Saterdag om 19:00 op Ellispark)

  • Intussen het Sale Sharks bevestig dat die Cheetahs se JP du Preez ’n kontrak van twee jaar met die span onderteken het.

Dié reuse-slot, wat 2,09 m in sy sokkies staan, is die langste speler in Superrugby-geskiedenis.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.