Hou gerus vanjaar die tweestryd tussen die Naka Bulle en Quins-Bobbies-rugby (QBR) in die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carltonliga dop.
Alles vir die sleutelwoord "BBRU-liga"
BBRU-liga: dubbele wraak vir QBR teen Dragons
Die oorwinning wat Quins-Bobbies-rugby (QBR) Saterdag teen Dragons in die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carlton-A-liga behaal het, was eintlik ʼn dubbele wraak.
BBRU-liga: Centurion en TUT veg goed terug
Twee puik terugvegpogings het die afgelope week die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se klubreekse gekenmerk.
BBRU-liga: nasionale wenners in Carlton gelooi
Sowel die Varsitybeker- as die Goue Bekerkampion het Woensdag in die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carltonliga aan die kortste end getrek.
BBRU-liga: Naka stel peil teen Goue Bekerhouer
Die Naka Bulle het Saterdag die peil vir vanjaar se Carltonreeks gestel deurdat die internasionale Goue Beker-kampioen hom eers in die doodsnikke van hul kragmeting in die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se topreeks kon klop.
BBRU-liga: Carlton-‘nuweling’ skerp in kollig
Die “nuweling” in die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carltonliga sal Saterdag skerp in die kollig wees wanneer die strawwe reeks dié seisoen begin.
Strawwer as Blou Bulle se Carlton kan dit nie
ʼn Strawwer klubliga as die Blou Bulle se Carltonreeks, en – hou vas – dit sluit die rondomtalie van die internasionale Goue Bekerreeks in, is nie juis vanjaar moontlik nie.
BBRU stel strawwe Carltonreeks in vooruitsig
`n Strawwe Carltonreeks word weer vanjaar deur die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) in die vooruitsig gestel.
BBRU-liga: Carltonliga kom nader aan ou glorie
Die Springbokke en die Blou Bulle sal nooit weer daar wees nie, maar die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carltonliga beweeg al hoe nader aan die gloriedae van ouds.
BBRU se Carlton-B-wenner wil vlerke wyer sprei
Die nuwe wenner van die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carltonliga B wil sy vlerke ook na Limpopo en Mpumalanga sprei.
BBRU-liga: eerste keer dié eeu sonder studente
Saterdag se eindstryd om die Blou Bulle-rugbyunie se Carltonbeker is die eerste keer hierdie eeu dat `n studentespan nie daarby betrokke is nie.
Tuks uit Carltonfinaal geskors; bekyk feite
Die Tukkies ondersoek die omstandighede wat tot die span se skorsing uit die eindstryd van die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carltonliga A gelei het, en sal ooreenkomstig die feite optree.
Puik 85ste feesjaar vir Likkewane
Pretoria se Korrektiewe Dienste-klub het nie net groot feesplanne vir sy 85ste verjaardag nie, hy beleef ook `n puik jaar op die rugbyveld.
BBRU-liga: Tukkies se halfeindsege in gedrang
Die Tukkies se sege in die halfeindronde van die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carltonliga A is in gedrang nadat `n beswaar daarteen ingedien is.
‘Moenie Polisie in Goue Bekerreeks afskrywe nie’
Pretoria Polisie kan geensins in die oop klubs se internasionale reeks om die Goue Beker afgeskryf word nie.
Centurion ná 17 jaar weer in Carlton-eindstryd
Centurion is ná `n afwesigheid van 17 jaar weer in die eindstryd van die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carltonliga A.
Onrus en ander faktore laat TUT onoorwonne
Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) se deelname aan Universiteitsport Suid-Afrika (Ussa) se toernooi, die onrus in Junie en die universiteitsvakansie het `n paar verwikkelinge tot gevolg gehad, laat weet die klub se voorsitter, Neels van Heerden.
BBRU-liga: Tukkies maak seker van boonste sport
Die Tukkies het Saterdag seker gemaak van die boonste sport op die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carltonliga A-punteleer deur die nuweling in die reeks, Dragons, te klop.
Tukkies druk meeste drieë in wedstryd vanjaar
Die Tukkies het Woensdag die meeste drieë gedruk wat enige span vanjaar in die Carltonliga A kon druk.
BBRU-liga: Polisie-vegters sit voorloper onder
In `n volgehoue terugvegpoging ná `n gesukkel aan die begin van die seisoen het Pretoria Polisie Saterdag die voorloper in die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carltonliga A ondergesit.