Nie alweer nie, sou die Sharks se ondersteuners seker gesug het toe hulle die week verneem het dat Gary Gold as direkteur van afrigting en ook hoofafrigter van die Sharks se Superspan bedank het.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Gary Gold"
Sharks se dilemma nie Gold se skuld
Die Sharks is besig om in die spreekwoordelike gelaaide geweer se loop af te kyk met `n huidige negende plek op die Superpuntelys. Hulle moet ook nog teen die Bulls speel voor `n taai toer in Australasië.
Bismarck sê wéér jammer, maar Sharks straf hom
`n Mens wonder of Bismarck du Plessis se jongste verskoning oor sy wangedrag op die rugbyveld die papier werd is waarop dit geskryf is.
Dis dalk die Sharks se goue jaar
Op die regte tyd op die regte plek – en dis ook op rugby van toepassing. Neem nou maar die voorbeeld van oorlede Kitch Christie in die ongekende welslae van die destydse Transvaal asook die Springbokspan.