Dit is die Suid-Afrikaans-gebore baas van Space X, Elon Musk, se ideaal om teen 2024 mense na Mars te stuur, maar dit is nie sy einddoel nie. Hy wil uiteindelik ook ’n selfonderhoudende stad op die Rooi Planeet vestig.
Alles vir die sleutelwoord "SpaceX"
Mense binne nege jaar op Mars, reken Musk
Die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk, uitvoerende hoof van SpaceX, het gesê indien alles volgens plan verloop, sal daar binne nege jaar persone op Mars wees.
Hollywood-ontwerpte ruimtepakke vir Space X
Jose Fernandez, die ontwerper van die spesiale Batman-pakke vir flieks, is deur Elon Musk, grootbaas van Space X, genader om te help om byderwetse ruimtepakke te ontwerp.
Opblaasbare kamer vir ruimtevaarders
SpaceX se vragtuig het Sondag die wêreld se eerste opblaasbare kamer vir ruimtevaarders by die Internasionale Ruimtestasie afgelewer – twee dae nadat dit vanaf Cape Canaveral gelanseer is.
[Video] Suksesvolle seelanding vir SpaceX-vuurpyl
Die private ruimtemaatskappy SpaceX het Vrydag suksesvol sy Falcon 9-vuurpyl op ʼn platform in die see geland, ná die suksesvolle lansering van die Dragon-vragtuig na die Internasionale Ruimtestasie.
[Video] Musk laat ook vuurpyl weer land na lansering
Space X, die maatskappy van die Suid-Afrikaans-gebore Elon Musk, het Maandagaand ook daarin geslaag om ’n deel van ’n vuurpyl naby die lanseerplek te laat land sowat tien minute na dit gelanseer is.
Video: SpaceX-vuurpyl suksesvol gelanseer
SpaceX het op 10 Januarie suksesvol die Falcon 9-vuurpyl met die Dragon-vragkapsule lanseer.