
‘n Voorstelling van die nuwe Selfie-funksie op FNB se app. (Foto: Siphelele Dludla/ANA)
Eerste Nasionale Bank (FNB) het Woensdag ʼn nuwe digitale uitvinding bekendgestel wat individue en sakelui toelaat om binne minute ʼn bankrekening te open deur ʼn selfie op dié bank se app te laai.
Jacques Celliers, uitvoerende hoof van FNB, het Woensdag tydens die bekendstelling gesê die nuwe diens getiteld “Selfie” is die bank se jongste poging tot papierlose bankwese.
Celliers het gesê dié funksie sal die bank toelaat om van ʼn digitale innoveerder te groei tot ʼn data-gedrewe, kontekstuele platform wat die bedryf op sy kop gaan keer.
Soveel as 500 tegniese personeellede het minstens 18 maande bestee aan die ontwikkeling van dié funksie. Die bank het ook sy verhouding met derde partye soos die departement van binnelandse sake benut om die nuwe funksie suksesvol te maak.
“Die boodskap is dat ons op ʼn eksponensiële hulpvaardigheidsreis is. En nou, met behulp van tegnologie, kan ons soveel meer doen as waaraan ons gewoond is. Dit is ons doel,” het Celliers gesê.
Die Selfie-funksie werk soos volg:
- Bestaande en nuwe FNB-klante kan selfies neem en op die FNB-app laai
- Die app vang dan biometriese inligting oor die persoon op
- Die app is verbind met die departement van binnelandse sake en gebruik Google Maps om adresse te verifieer
- Sodoende word daar weggedoen met papierwerk vir bewys van adres.
Mike Vacy-Lyke, uitvoerende hoof van FNB Business, het gesê die tegnologiese bedryf in Suid-Afrika groei teen ʼn gesonde spoed en dat die vlak van sekuriteit op die FNB-app hoër is as op papier, alhoewel hy benadruk het dat geen stelsel ooit heeltemal onfeilbaar is nie.
“Ek is verras deur die aantal finansiële en tegnologiese aktiwiteite wat tans in Suid-Afrika plaasvind. Dit maak ons toenemend mededingend,” het Vacy-Lyle gesê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
ek het al lankal gesê dat die tegnologie daar is, gebruik dit net
binnelandse sake daaraan gekoppel, wat van saps, verkiesing kommisie, lisensie kantore, al die plekke wat jou detail nodig het
so kan daar ook bepaal word wie betaal belasting, daardie deel het dan “STEMREG”, en nie elke jan rap en sy maat nie.
dan gaan ek nie die deel wat soos parasiete leef, dra nie
Al wat ek kan sê is: ‘Sterkte’. Facial recognition het sy ‘flaws’.
Die tegnologie bestaan al jare lank. In veiligheids-komplekse soos waar ek woon het ons vingerafdruk-lesers wat toegang verleen. Dieselfde toestelle kan gesigte ook lees. Maar toegegee, dit bevestig nie adresse dmv Google nie. En natuurlik vertel ek niks nuut nie maar herinner net daaraan.
daar wordmdie waenhuis se deurw oopgemaak vir bedrog. enige een met n foto van jou sal nou aanlyn diefstal kan pleef. soos huidiglik mer die ou klein bedraggies van onde r100 waarvoor jy nie smse kry nie. peperblikkie in die plafon is my voorland
Met ‘n gesig soos myne is ek onmiddellik verseker van ‘n groot oortrokke rekening.