Bekendstelling: Ford se Ranger nóú die koning?

Die Ford Ranger Wildtrak. Foto: Verskaf

Die drie grootste rolspelers in die Suid-Afrikaanse bakkiemark is Toyota se Hilux, Ford se Ranger en Isuzu se D-Max. Daar is talle ander, en hulle is beslis nie slegte produkte nie, maar vir die een of ander rede verkoop hulle maar min, dink aan die Navara, Amarok en Triton.

Toyota het verlede jaar hulle bakkie-aanbieding opgeknap, en daarna het Ford se Ranger party maande ʼn bietjie pak gekry in die verkoopsyfers. Ford is terug na die beplanningstafel om ál hul potlode vlymskerp te maak. Die resultaat is ʼn Ranger-aanbieding met ʼn bakkie in elke hoekie van dié segment.

Daar is grootliks twee nuwe rolspelers. Daar is ʼn enkelturbo 2.0 viersilinder diesel wat 132 kW en 420 Nm bied. Die ander een is ʼn tweelingturbo 2.0 viersilinder diesel wat 157 kW en 500 Nm bied. Albei die enjins is slegs beskikbaar met ʼn tienspoed outomatiese ratkas.  My enigste kwaal met die vorige Ranger reeks was die ratkas.

Die Ford Ranger Wildtrak. Foto: Verskaf

Daar was ʼn kort eerste en tweede rat gevolg met ʼn reuse-gaping na ʼn lang derde rat. Dit was opmerkbaar in die 2.2 en 3.2, handrat én outo. Die goeie nuus is dat die tienspoed outo glad nie daai probleem het nie. Die ratverhoudings is mooi eweredig versprei en die wisselings seepglad.

Die enkelturbo 2.0 is beskikbaar slegs in XLT-vorm, met die tienspoed outokas. Dit is beslis my keuse in die reeks. Die 132 kW en 420 Nm klink moontlik nie asemrowend nie, maar die kraglewering deur die tienspoed outo is puik. Die rolstaaf op die voorste as is geskuif en die rit is heelwat verbeter. Met die rolstaaf waar hy nou sit kan hy beter bakrol voorkom sonder dat die vering harder gemaak moes word. Op die toetsroete het ons glad nie rustig gery nie, en die 2.0 SiT het 9.5 ℓ/ 100 km gehandhaaf.

Die dubbelturbo 2.0 is beskikbaar slegs in Wildtrak-vorm, met die tienspoed outokas. Ek wil weer tyd met dié enjin deurbring en mooi gaan voel wat gaan vir wat. Daar was vir my ʼn geringe verbetering in krag teenoor die enkelturbo – amper onmerkbaar.

Die Ford Ranger Wildtrak. Foto: Verskaf

Waar die Wildtrak wel beïndruk is in die spesifikasievlak. Daar is botsingwaarskuwing, baanbeheer, aanpasbare spoedbeheer, wegtrekhulp, afdraandbeheer en ʼn magdom lugsakke. Die klimaatbeheer werk puik én daar is verhitte sitplekke vir daai koue wintersoggende … én hy kan homself parkeer. Met Ford se nuwe ruisonderdrukking bly die kajuit voorwaar stil al ry mens vinnig op die oop pad.

Nóg ʼn funksie wat Ford ontwerp het is ʼn staaf in die laaibakklap wat die meeste van sy gewig dra en beheer. Sodra ʼn mens die klap oopmaak, val hy nie oop met vreeslike geweld nie, en as ʼn mens hom wil toemaak kan jy dit letterlik met een vinger doen. ʼn Briljante funksie aangesien baie dubbelkajuitbakkies deesdae deur gesinne as daaglikse familiemotors gebruik word; nou kan mamma self die klap toe maak.

Ons sleep in Junie met ʼn Ranger ʼn bietjie woonwa en sien uit om dán te sien wat gaan vir wat as mens meer tyd met die bakkie kan deurbring. Albei 2.0 ℓ-enjins het ʼn sleepkapasiteit van 3,5 ton op beide 4×2 en 4×4, heel indrukwekkend. Vir ʼn eerste indruk het die ander vervaardigers ʼn reusetaak om dié Rangers te klop.

Die reeks lyk só:

Enkelkajuit

Ranger 2.2TDCI intreemodel 5-spd handrat 4×288 kW/ 285 NmR287 100
Ranger 2.2TDCI XL 6-spd handrat 4×2118 kW/ 385 NmR359 800
Ranger 2.2TDCI XL 6-spd outo 4×2118 kW/ 385 NmR372 300
Ranger 2.2TDCI XLS 6-spd handrat 4×2118 kW/ 385 NmR390 900
Ranger 3.2TDCI XLS 6-spd handrat 4×2147 kW/ 470 NmR401 800
Ranger 2.2TDCI XL 6-spd handrat 4×4118 kW/ 385 NmR411 400
Ranger 2.2TDCI XLS 6-spd outo 4×4118 kW/ 385 NmR449 200
Ranger 3.2TDCI XLS 6-spd outo 4×4147 kW/ 470 NmR460 100

Super Cab

Ranger 2.2TDCI intreemodel 5-spd handrat 4×288 kW/ 285 NmR336 500
Ranger 2.2TDCI XL 6-spd handrat 4×2118 kW/ 385 NmR381 400
Ranger 2.2TDCI XL 6-spd outo 4×2118 kW/ 385 NmR393 800
Ranger 2.2TDCI XL 6-spd handrat 4×4118 kW/ 385 NmR429 300
Ranger 2.2TDCI XLS 6-spd outo 4×2118 kW/ 385 NmR426 400
Ranger 2.2TDCI XLS 6-spd outo 4×4118 kW/ 385 NmR472 400
Ranger 3.2TDCI XLS 6-spd handrat 4×2147 kW/ 470 NmR424 900
Ranger 3.2TDCI XLS 6-spd handrat 4×4147 kW/ 470 NmR480 900
Ranger 3.2TDCI XLT 6-spd outo 4×4147 kW/ 470 NmR568 600

Dubbelkajuit

Ranger 2.2TDCI intreemodel 5-spd handrat 4×288 kW/ 285 NmR350 000
Ranger 2.2TDCI XL 6-spd handrat 4×2118 kW/ 385 NmR409 400
Ranger 2.2TDCI XL 6-spd handrat 4×4118 kW/ 385 NmR455 300
Ranger 2.2TDCI XL 6-spd outo 4×2118 kW/ 385 NmR428 800
Ranger 2.2TDCI XL 6-spd outo 4×4118 kW/ 385 NmR474 700
Ranger 2.2TDCI XLS 6-spd handrat 4×2118 kW/ 385 NmR455 100
Ranger 2.2TDCI XLS 6-spd outo 4×4118 kW/ 385 NmR508 400
Ranger 2.0L Turbo XLT 10-spd outo 4×2132 kW/ 420 NmR514 300
Ranger 2.0L Turbo XLT 10-spd outo 4×4132 kW/ 420 NmR570 200
Ranger 3.2TDCI XLT 6-spd handrat 4×2147 kW/ 470 NmR542 600
Ranger 3.2TDCI XLT 6-spd outo 4×2147 kW/ 470 NmR571 400
Ranger 3.2TDCI XLT 6-spd handrat 4×4147 kW/ 470 NmR604 800
Ranger 3.2TDCI XLT 6-spd outo 4×4147 kW/ 470 NmR617 300
Ranger 3.2 TDCI Wildtrak 6-spd outo 4×2147 kW/ 470 NmR609 800
Ranger 2.0L BiT Wildtrak 10-spd outo 4×2157 kW/ 500 NmR632 300
Ranger 2.0L BiT Wildtrak 10-spd outo 4×4157 kW/ 500 NmR678 200

Die reekse word gedek deur ʼn vier jaar/ 120 000 km waarborg en ses jaar/ 90 000 km diensplan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

B ·

En die Ford-manne was destyds eerste om 2L meklbottel grappies te maak met die Amarok bekendstelling ??? #verleentheid #rooigesig #wielaastelag

Grrhard ·

Ford het nog die 3.2l. Die een is die Ranger vir VW manne.

Chris Ws ·

Niemand kan se FORD probeer nie!Ek hoop hy gaan nou nog sterker kompitisie vir Toyota se Hilux wees.Dit kan net voordele onthou.Sal goed wees as Isuzu nou ook inspring!

Siener ·

Goeie artikel Brendon. Gin wonder die nuwe Ranger is Australia se bakkie van die jaar nie. Ek hou baie van die veiligheids eienskappe en hulp funskies. Hy is luukser as my MB C250 cdi. Die safaripak en langkous klan sal nie al die tegnologie verstaan nie.

Blaarman ·

Altyd iets snedig te sê, ne? Sê jou wat, gaan maak daai opmerkings aangesig-tot-aangesigaan ‘n lid vandie “safaripak en langkous klan”. Ek twyfel of jy sal… want ek vermoed jy is deel van die boa-veer en kruis-dresser klan.

Wielspore ·

Sien-hier is hoogmoedigheid, beter as ander. Op die pad waar die voertuig gebruik word is almal die dieselfde, daar is geen hoogmoedigheid.
Lekker ry!

Wielspore ·

Alhoewel die Ford bakkie goed is en verkope is ‘n bewys daarvan dink ek dit is bietjie voortydig om die Ford bakkie die koning te noem.
Suid Afrikaanse voertuig kopers hou vas aan hulle “brand” en dit neem heelwat oortuiging om ‘n kopskuif te bewerkstellig.
Teen die einde van die jaar behoort ek die eienaar van my eerste Amarok te wees.

Morrie ·

Ek wens Isuzu wil so bietjie bykom met die tech. Kyk, hulle is regtig mooi bakkies, baie betroubaar, lig op diesel ens ens. Ek LOVE my Lorrie, maar hulle kom redelik kort as dit kom by die tegnologie. Kom Isuzu, kort voor lank wil ek ietsie nuuts koop en dan is jul so ver agter dat ek dalk n Amarokkie of Ranger sal moet oorweeg.

Andre C ·

Isuzu het n kragtige en ekonomiese 1.9 diesel in sekere market,maar dit lyk hulle is nog versigtig vir ons diesel .

John ·

Baie sitplek voor en min pakplek agterin… of is dit met mammie in gedagte wanneer sy en haar vriendinne Vrydag inkopies gaan doen… wat natuurlik sin maak.

Alida ·

Siener jou snedige aanmerking gaan nie goed af nie. Blaai deur jou fotoalbums dan sal jy sien jou pa, oupa of oupagrootjie het ook safariepakke en langkouse gedra en hulle was almal Ford manne!!!!

Grens ·

Klink vir my na ‘n goedkoper Amarok. Hierdie skuif gaan of baie goed doen vir Ford of hulle gaan vinnig spoed verloor. Dit gaan interresant wees om dit dop te hou. Sterkte vir Ford, maar ek dink dit gaan Toyota se verkope net sterker maak.

Gerhard ·

Ek hoor VW het opgegee en gaan die volgende generasie Amarok op die Ford Ranger baseer.

Vraagteken ·

Dis meer as net dit: VW bou nou die nuwe ranger – iets wat baie min mense klaarblyklik weet.

Hannes ·

@Vraagteken, ek weet nie waar hoor jy dit nie. Dit is snert.
Beide die huidige en nuwe Ranger en die huidige en nuwe Amarok (wat oor 2.5 jaar hier sal wees) is deur ZF (n duitse firma, Google dit) ontwikkel en ontwerp. Beide VW en Ford gee net insette oor wat hulle in die voertuig wil sien. Die Ranger vir Europa, Afrika en Australasië word in Silverton, Pretoria gebou.
Ons mark se Amarok word tans in Argentinië gebou en gaan moontlik oor 2 jaar ook by die Silverton aanleg gebou word saam met die Ranger.
Suid-Afrika, Pole en (ek dink) Turkye, in nog in die “running” om die Amarok te bou. Dit is nog nie ‘n uitgemaakte saak dat dit in Silverton sal wees nie. Die Ranger en die Amarok sal soos die Ranger en Mazda se BT-50 in die verlede wees. Die een is gebaseer op die ander met ‘n ander handelsnaam en klein veranderinge in spesifikasie.

alwyn burger ·

Mooi bakkie maar NIE opgewasse vir die eise van ñ karooskaapboer.

willem Botha ·

Ek hou maar by Toyota,het n ford ranger gehad 2 keer langs die pad gelos,Toyota nog nooit

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Julle vang my net eenkeer …Ford moes my ratkas 3 keer vervang …hoop die 4de een hou tot daai 4 jaar om is…dan is dit classifieds toe moet hom.
Dankie…maar nee dankie.
.
.

Siener ·

Ek sal maar die kans vat met die nuwe Ranger. My 2.8 Toyota het my weer ratkas en diff probleme gegee. Self nadat Toyota Sa betrokke geraak het was my probleem onopgelos. Lyk my die magic woord 3 keer want na die derde herste het ek hom vinnig verkoop. Nie weer ‘n toyota vir my nie.

Hannes ·

@Siener, Ek het ‘n Hilux 2013 en ‘n Prado 2010.
Ek moes die Prado se “Injectors” al 2 keer laat vervang (net buite waarborg) teen R22’000 per keer. Die Prado se enjin moes Toyota oordoen op 180’000km teen ‘n koste van R112’000.
Die Hilux het ook al “injectors” vervang teen die seldfe koste. Die “dif” sing nou al vir die laaste jaar, want ek sien nie kans vir die R40’000 se koste nie.
Alle merke is goed in party areas en baie sleg in ander.
My Amarok het darm nog geen moeilikheid gehad nie, maar hy is nog in sy tiener jare….

Siener ·

@Hannes. Sterk staan Hannes, ek sal van my kop af gegaan het as ek daai herstel onkostes moes aangaan. Ek kan sien jy het ook jou fight ge fight met Toyota. Wat my as ‘n ou toyota man omkrap is dat Toyota arrogant is en amper die fout by jou begin soek. Toyotas breek nes ander make maar ek verwag ‘n voertuig moet goed herstel word die eerste keer. Ek gaan net ‘n maand of twee wag om te sien wat doen die nuwe Ranger. Ek hou baie van sy ekstras en veiligheid funksies.

Lorance ·

Ek ry al vir jaaaare Ford, en sal nooit, ooit wegbeweeg nie, ek steur my nie aan kabouters nie. Ford bo!

Phil ·

@ Lorance, dit is maar moeilik as jy nie kwaliteit kan bekostig nie…..

Phil ·

Nee, dan loop ek liewer. Maar ja, die “slim” mense soos jy “neem aan” en dink jul weet alles. Maar nou ja, jy moet altyd snedige aanmerkings maak want dit is die enigste manier hoe jy jouself “slim” laat voel…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.